
‘n Man wat drie polisiebeamptes in Kanada doodgeskiet en twee ander gewond het, is Vrydag in die stad Moncton aangekeer ná ‘n groot klopjag.
Die verdagte, Justin Bourque (24), was gewapen en het kamoefleerdrag gedra toe hy Woensdagaand op polisiebeamptes in ‘n woonbuurt losgebrand het.
Spesialis-eenhede het geboue omsingel en inwoners gewaarsku om binnenshuis te bly terwyl hulle na Bourque gesoek het.
Die polisie het die verdagte minstens drie keer in die woonbuurt se strate sien hardloop voordat hulle daarin kon slaag om hom vas te trek.
Teen Vrydagoggend was dit nog nie duidelik wat Bourque se motief vir die skietery was nie.
Sy beweerde Facebook-profiel het met dié laaste inskrywing geëindig:
You say you’ve got the answers, well who asked you anyway?
Ever think maybe it was meant to be this way?
Don’t try to fool us, we know the worst is yet to come.
I believe my kingdom will come.

NOG dade van ‘n waansinnige wat gebruik gaan word om andere se wapenbesit in te perk.
Onthou julle nog die Wit Wolf wat , ek dink op Strydomplein in Pretoria n klomp swart mense geskiet het. Ek wonder wat het van hom geword en of hy nog leef.
Dit was Barend Strydom – wat van hom geword het weet ek nie.
Dis reg. Ek het gou bietjie gaan oplees. Hy is 4 jaar na sy vonnis oplegging ontslaan. Hy is getroud en het twee kinders, en woon blykbaar iewers in Brits.
Mcbride wat die bom in Durban geplant het is toe ook ontslaan.