
Die swartman wat homself internasionaal as ‘n gebaretolk voorgedoen het by Nelson Mandela se begrafnis, is eintlik ‘n “gawe ou”, sê ‘n Israelse advertensiemaatskappy.
Thamsanqa Jantjie skitter nou in sy eie TV-advertensie waarin hy as ‘n grapjas uitgebeeld word. Jantjie het na die internasionale skandaal gesê hy is ‘n skisofrenie-lyer.
Die TV-advertensie vir ’n video-toepassing word in Israel bemark met die twaktolk as hoofpersoonlikheid.
In die advertensie skerts Jantjie oor die onsinnighede wat hy tydens die gedenkdiens van oudpres. Nelson Mandela by die ENB-stadion kwytgeraak het.
Grepe van sy onverstaanbare handgebare word ook gewys, met Jantjie wat sê hy is nou ’n glanspersoonlikheid wat bemarking doen vir geld.
Gedurende die Mandela-begrafnis het Jantjie sonder dat hy geweet het wat hy doen, sekere gebare gemaak wat dowes as “garnale” en “skommelperde” gelees het. Die res was leë handgebare.
Die twaktolk is na die voorval na ‘n psigiatriese inrigting verwys, maar die eienaar van die Israelse advertensiemaatskappy Sefi Shaked, het ‘n joernalis in Johannesburg gehuur wat homself voorgedoen het as ‘n familielid van Jantjie om hom uit Sterkfonteinhospitaal buite Johannesburg te kry.
Die skelmstreek het gewerk en die psigiatriese inrigting het Jantjie laat gaan. Hy het nog nie weer teruggekeer na die hospitaal as psigiatriese pasiënt nie.

Lekker nuwe woord Praag – “TWAKTOLK” – ek sou hom so bietjie anders gespel het … hier is sommer baie in die land.
Om nog te “skerts” oor die onsinnighede … wys net, geen respek vir die dood nie, alhoewel, ek betreur ook nie mandela se afsterwe nie, gee dan maar hierdie …prater die krediet vir al die twak wat hy gepraat het.
;-))) – Dankies Trippie – ek het nou lekker gelag toe ek dit lees.
Twaktolk het sy spasie op gegee in die malhuis, nou kan dit gevul word deur die ander twak prater op die foto.
Skelm hel hierdie. Seker het hy homself geklassifiseer as ‘n skisofrenie lyer om gratis boarding and lodging te kry. Ek sou eerder dink dat ‘n hele paar ander skisofrenie lyers is na party se uitsprake en verkiesingsbeloftes.
Beeld noem Jantje ‘n “omstrede tolk”. Janee, asof hy kan tolk om sy lewe te red.
Ai Riana, hulle kan mos nooit so eerlik soos ons wees en sê die strontprater nie! Dan verloor hulle AL hule swart lesers en helfte van die wittes!
Hoekom is hy uit die malhuis as hy self gesê het hy is ‘n skisofreen?
Rentia, hy het die stemme in sy kop, naweek af gegee.
Hy was ook sy eie prokureur – en die psigiater – wat ter versagting vir hom opgetree het…
Spelfout in die opskrif?
Al mense wat sy gebare kan interpreteer is seker sy lank afgestorwe voorvaders.
Brabbel-brei.