
’n Subkontrakteur van Naspers is gister in ’n rooftog in ’n parkie in Bloemfontein doodgeskiet.
Die park is naby die kruising van Harry Smith- en Aliwalstraat.
Johannes Rondganger (54) was in sy bakkie besig was om geld te tel voordat hy straatverkopers sou betaal.
Volgens die Volksblad vir wie Rondganger gewerk het, kon die rowers enige bedrag tussen R5.000 en R10.000 by Rondganger geroof het.
Lt.kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, sê Rondganger wou die koerantverkopers betaal toe vier gewapende swart mans op hom toegeslaan het.
Hy is na bewering geskiet nadat hy die buit aan hulle oorhandig het, sê sy.
Die vermoede bestaan dat die aanvallers Rondganger dopgehou het uit ‘n voertuig in die parkie. Rondganger is na bewering voorheen gewaarsku om nie met geld na die parkie te gaan nie.
Die aanvallers het Rondganger in die bors geskiet.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie en klagtes van moord en gewapende roof word ondersoek.

Hmmm, of mens nou saam met die skuim werk of nie, hulle sal jou vermoor, soos vlieë afgemaai word – lewe beteken niks vir hulle nie.
Die vraag moet gevra word – waarom het hy nie in die bank die geld reeds afgetel en in banksakkies geplaas nie … nie oop en bloot in ‘n motor nie.
Die uiteinde is, sy kinders gaan nou die toekoms in sonder ‘n pa en die moordenaars sal nie opgespoor word nie.
Die groot park tussen Aliwal en Unielaan is , behalwe vir n rolbalbaan aan die een punt , n vuil verwaarloosde area waar gereeld saamtrekke van jy weet wie plaasvind . Drink en lawaai en mors . Eens was daar n lieflike geurtuin wat ook vir blindes toeganklik was . Die ander ‘parkie’ grens ook aan Unielaan . Vroeër jare kon mens heerlik daar gaan piekniek hou terwyl die kinders wipplank ry of swaai . Nou ja …….. my woorde raak op . Waar orde moet wees , word chaos geskep .
Goeie more Betzie – van parkies gepraat, as kinders was dit ons vermaak … daar bestaan GEEN parkie meer wat nie besmet en bemors is met swartes wat hul tuismaak nie. In elkgeval nie in Pretoria waar ek woon nie. Selfs die Uniegebou se grasperke loop deur.
Trippie , hier in skone Bloem het die munisipaliteit nou n ding deurgevoer (?) dat inwoners parkies kan aanneem . Hulle het glo nie geld en voertuie om self die instandhouding te doen nie . By die groot sirkel voor my huis het inwoners bome geplant , stukkie gras aangelê ,gedeeltelik besproeiing
gedoen . Nou doen die munisipale werkers die minimum . Selfde ou storie .
En jy doen nog elke liewe maand die betaling wat veronderstel is om die onderhoud te dra aan die munisipaliteit!
Hier was binne inligting by die SAUK se betalings
afdeling moontlik tersprake.
Hierdie is visserig. Enige iemand wat met daardie hoeveelheid kontant aan sy persoon rondloop in die nuwe ZA soek mos vir moeilikheid. Wat my instinkte vir my sê is dat sulke hoeveelhede geld met “inspuit” of “snuifsout” chemikalieë te doen het. Ook moontlik dobbelary?
Nie ‘n wyse manier om salarisse te betaal nie. Ook nie ‘n wyse manier om groot bedrae geld te trek en te vervoer by sulke onveilige plekke om salarisse te betaal nie. In ‘n oomblik om so ‘n onnosele ding aan te vang het hy met sy lewe geboet. Tragies!
“n Ou wat seker die “Volksblad” met sy leuens help versprei het.
En over geset synde ‘n liberaal was wat geglo het dat hy immuun teen die swartes is.
Helloooooo Volksblad !!!!!
Kan julle my hoor?????