Nuwe skelmstreek met lenings

randnoteFinansiële instellings het die publiek gewaarsku teen ‘n skelmstreek
wat lyk of dit wettig is en waar lenings per e-pos aangebied word, het
RSG berig.

Lenings word toegestaan in ruil vir aansoekers se persoonlike
inligting en versoeke vir ‘n vooruitbetaalde fooi om die lening te
kry.

Die hoof van kleinhandelkrediet by Sanlam sê geen finansiële
instelling van goeie naam sal ooit aan kliënte vra om iets te betaal
voordat ‘n lening toegestaan word nie.

25 thoughts on “Nuwe skelmstreek met lenings”

    1. Liewe genade – ek het skoon aan onttrekkingssimptome gely !
      Voel byna of ek van vooraf moet sê “AANGENAME KENNIS JAVVIES” !
      PRAAG, wat de hoenners was fout ?

      Nie net hoeveel gaan gevang word nie, hoeveel is REEDS gevang.
      Die rede soos deur Sanlam aangevoer is vir my doodeenvoudig – LOGIKA !

      1. Wha ha ha ha!!! Moenie sê ek was nie die enigste wat hier kon uitkom nie! My vriendin in Boksburg het al heel benoud vanmore gebel en gesê daar’s fout, sy kry nie Praag nie! Het baie beter gevoel toe sy hoor ek ook nie! Sy het nog nie laat weet of sy kan inkom nie! Kan seker anders het sy weer gebel!!! Kon darem van 1uur af inkom.

          1. Nee moet jy nou gladnie vir Praag loop party trek nie –
            ek en ander kon ook nie inkom nie. 😉

          2. Ek loer elke oggend presies om 03h30 in op Praag en vanoggend kon ek ingaan, maar vandat ek om 06h30 by die werk aangeland het, kon ek geensins inkom nie.

            Moet erken, ek is honger vir ‘n brokkie goeie nuus.

          3. Lol, nee wat dis net ons internet konneksies wat dit veroorsaak Riempies. Dink Praag word oorlaai so vroeg in die oggend.

          4. Leana ja ek vermoed die verkeer is alweer te hoog en dit
            nadat Praag reeds verlede jaar as ek reg is, opgegradeer het. Ons het toe mos al die getalle gekry. My man is een van die as sy oe oopgaan lees hy Praag maar lewer nooit kommentaar nie – hy se ek praat genoeg vir hom en nog n persoon. 😉

  1. Hoeraaaaaa!!!! Praag is weer aan die gang. Of moet ek sê Disqus?
    Nog nooit ‘n enkele ander Webblad raakgeloop wat so baie probleme gee nie.
    En Internet Explorer sukkel meer as Chrome of Firefox om met Disqus te werk.
    Iets daar is nie lekker nie.
    Maak ‘n lening hier bo en “Fix” die ding.

        1. Haha o okei. Nou moet daar waggestaan word op daai plaas. Eers kon mens rustig deur slaap met die deure oop, Arnie. Hulle staan net nie stil vir ‘n foto nie. Kyk hoe mooi groot het die witleeus geword. Twee nuwe welpies ook nog.

          1. Dis nou opregte waghonde daai Willy. Wens mens kon hulle sommer in die dorpe ook aanhou !

          2. Ag hulle is so sweet Leana. Ja jy kan dan gaan jy die enigste een wees wat in jou woongebied bly haha. Somtyds is dit beter nê. ;~)}

Maak 'n opvolg-bydrae