Vrou skiet haar man wat sy vir aanvaller aansien

hoogland‘n Boervrou van Ficksburg sal op ‘n klag van poging tot moord in die landdroshof op Ficksburg verskyn nadat sy haar man vier keer geskiet omdat sy hom vir ‘n aanvaller aangesien het.

In ‘n voorval wat baie aan dié van die Ocar Pistorius-skietvoorval herinner, het Karen Fouché 52, ‘n apteker op die dorp, na bewering haar man, Frik 53, Saterdagnag op hul plaas Waterval geskiet.

Hy verkeer in ‘n ernstige toestand in die Hoogland Medi-Clinic op Bethlehem.

Frik kon glo nie sy sleutels kry nie en het die veiligheidsdeurknip met ‘n blaasvlam afgesny.

Karen het die “aanvaller” met die gelisensieërde .38-rewolwer geskiet nadat hy nie homself geïdentifiseer het nie.

Sy vrou het eers besef sy het haar man in die bors en maag geskiet toe sy die ligte aangeskakel het.

Karen Fouché is in hegtenis geneem en het Maandag in die hof verskyn. Sy sal weer Dinsdag verskyn.

 

40 thoughts on “Vrou skiet haar man wat sy vir aanvaller aansien”

  1. Dis hartverskeurend – kyk wat gebeur omdat mens nie meer veilig voel in jou eie huis, in jou eie omgewing nie !

    Mens het natuurlik vrae wat gevra gaan word en uit die aard van die saak gevra moet word … nietemin, ek kan maar net hoop, glo en vertrou dat Mnr Fouché ten volle sal herstel.

    1. Klink soos oskar… Hout wat skuif, deure wat gesluit was sonder mense daaragter… Stikdonker waansin – verby vrekbang maar gil en skiet verwoed na iets wat nooit was nie… Terwyl hulle agtertoe fluister – na nog ‘n niemand…

          1. Dolk die digter, nou het ons vir Dolk, die riller-skrywer ook. Jong, jy is so geseënd met al jou talente. Jy hoef nie dankie te sê nie, dit kom uit my hart.

            NS: Ek hoop onse 4-been Riffels gaan ook ‘n inset lewer.

            KOM RIFFELTJIES.

          2. Trippie, had ek die dissipline om te gaan sit en skryf, het ek DV geskryf – helaas, my “talk is cheap” en daar is te veel ysters in my vuur. Ons Moeder het vir ons van “babatjie-tyd” af, elke dag stories gelees – dit het ‘n ongelooflike invloed op ons gehad.

            (Wat ek wel al geskryf het is baie gedigte en honderde spreekwoorde en spreuke. Maar dis my geheim. ;-))

          3. Ek sal dit respekteer as jy nie wil deel nie – ek is ook maar net mens, en vrou daarby (lekker nuuskierig) ! Grap net.

          1. … wel, ek sien uit na die vervolg, gesien in die lig dat ons niks meer hoor van Gustav nie.

            Jong, jy het my nou lekker laat lag met dié wat jy jouself bang skryf. Kan jy dink hoe moes ek voel ? Die ene hoenders !

          2. Ek wonder regtig of alles OK is daar… Dalk het Praag vir ons nuus – dat sy gesondheid en mensies wel is asb.?

          3. Dolk, ek het in soveel woorde reeds 3 maal gevra hier op Praag – dalk maar oorweeg om hom persoonlik te kontak, MAAR, mens wil nie inbreuk maak op iemand se persoonlike ruimte nie. Laat weet maar wat die gevoel is ?!?

          4. Trippie, ek is seker dat Praag op hoogte van sake is met wat aangaan – dalk is dit deel van die skrywe agter die Praag-gordyn…

            Jy is reg – om hom aan te por kom amper neer op taktvolle teistering… (Hehe!)

            Aan die ander kant… Vra is mos vry! 🙂

          5. Nee gits, ek wil nie die man teister nie, maar hy MOET kennis neem, ons mis BODEM en glo en vertrou hy verkeer in goeie gesondheid.

          6. Hehehe! Het jou been getrek oor die teister – omgee, was nog nooit – om te teister nie.

  2. Jammer, maar daar is ‘n drol in die drinkwater. Hoekom met ‘n blaasvlam die deur oopsny? Hoekom nie net vroulief wakker klop, of ten minste bel om oop te sluit nie? Wou sy dalk nie oopsluit nie omdat hy deur sy geloof gesuip was? Vrae vrae en vrae. Niks is so ooglopend nie. Glo êrens ook ‘n geval waar die man die vrou met pyl en boog dood geskiet het! Nee hel mense, skei hulle eerder, gee die helfte weg en leef met jouself saam! Moenie hulle afmaai nie want jy gaan in die TRONK OPEINDIG!

    1. Dieselfde vraag waarmee ek tot nou toe geworstel het ! Dit is inderdaad vreemd dat hy haar nie op enige ander wyse probeer kontak het ten einde die deur oop te kry nie – het sy hom dalk toegang belet, was sy bang, of wat het verkeerd gegaan ?

      1. Wel Riempies, mens kan nie wild en wakker skiet nie, maar as my lewe bedreig word deur wie ookal, sal ek ook skiet en later die nagevolge dra. Dit wil meer en meer klink asof sy haarself moes beskerm.

        Ek hoop egter ek is verkeerd.

        Ek verafsku dit wanneer ‘n man ‘n vrou mishandel, en natuurlik andersom ook.

      2. Hy het van ‘n boerevereniging vergadering afgekom en omdat die plaaspad sleg is het hy middernag eers by die huis gekom. Ongelukkig het hy sy huissleutels by die huis vergeet maar gelukkig staan die skuur toe oop waar die blaasvlam gestoor word net so langs die enigste John Deere trekker. Die blaasvlam word gebruik om die trekker se glow plugs warm te maak dat daai trekker kan start in die winter. Omdat die opstal so groot is en die afstand van die kamer tot by die deur n afstand wat Usain Bolt op sy beste 30sek sal vat, het al sy geruk en gepluk aan die deur haar nie wakker gemaak nie want sy slaap ook met oorproppies in die ore om die gesnork te demp.

        Toe vat hy rigting skuur toe, dra die blaasvlam op die skouers en begin die kat se trap door in die veiligheidshek groter te sny. Toe meteens knal daai nozzle van die blaasvlam. Toe die honde begin tjank, die werfganse begin grom en die poue in die bloekombome begin fluit het sy wakker geword met daardie geknal se decibel hoër as al die plaasdiere sn saam. Toe leopard crawl sy verby landmyne in die gang wat gelos is deur die huispoedeltjie wat met ‘n leë maag onder die bank loop wegkruip het. Dis toe dat alle hel los bars want die veiligheidshek is in die bank se skootsvak.Sy hou immers van sindelike reukvrye gang runner persiese matte. Sy was baie kwaad vir die carpet burns en kwaad omdat die gang so lank is. Needless to say, die poedeltjie is nie bokveld toe nie maar hondveld toe.

        Hoe is hierdie vir ‘n bespiegeling?

      1. plaas sing hy net die liedjie:” I’m in the mood for love…” dan snork vroulief dat dit gons…
        Maar moet ek se, ek stem saam met Trippie, hieronder, dis is uiters tragies dat ons in n reenboogland leef waar ons nooit rus en vrede het nie, maar soos julle prez se:” Stres is vir wittes.” ….wat hy nie gese het nie is wat saak maak, dit is die donkeres wat die wittes se stres veroorsaak.
        Ek was vanoggend in ekstase, ek het op die radio gehoor “die grootste horing diefstal ooit”, my eerste gedagte….iemand het die “spear of the nation” af gesny en weg gehol…..

Maak 'n opvolg-bydrae