‘n Boervrou van Ficksburg sal op ‘n klag van poging tot moord in die landdroshof op Ficksburg verskyn nadat sy haar man vier keer geskiet omdat sy hom vir ‘n aanvaller aangesien het.
In ‘n voorval wat baie aan dié van die Ocar Pistorius-skietvoorval herinner, het Karen Fouché 52, ‘n apteker op die dorp, na bewering haar man, Frik 53, Saterdagnag op hul plaas Waterval geskiet.
Hy verkeer in ‘n ernstige toestand in die Hoogland Medi-Clinic op Bethlehem.
Frik kon glo nie sy sleutels kry nie en het die veiligheidsdeurknip met ‘n blaasvlam afgesny.
Karen het die “aanvaller” met die gelisensieërde .38-rewolwer geskiet nadat hy nie homself geïdentifiseer het nie.
Sy vrou het eers besef sy het haar man in die bors en maag geskiet toe sy die ligte aangeskakel het.
Karen Fouché is in hegtenis geneem en het Maandag in die hof verskyn. Sy sal weer Dinsdag verskyn.
