China se internet bars uit sy nate

China se groeiende internetbevolking het dié van die VSA verbygesteek om die wêreld se grootste te word.

Daar is 253 miljoen mense aanlyn ondanks regeringsbeheer oor internetgebruik in China.

Dit verteenwoordig 'n 56-persenttoename van 'n jaar gelede, het die China-

internetnetwerkinligtingsentrum gesê.

Daar is meer ruimte vir groei ook, aangesien die gedeelte van die Chinese publiek wat die internet gebruik net 19,1 persent is.

Die Verenigde State het 'n beraamde 223,1 miljoen internetgebruikers en die aanlynpenetrasie staan op 71 persent.

Die kommunistiese regering moedig internetgebruik vir sake en onderwys aan maar poog om toegang tot pornorgrafiese of ondermynende webwerwe te blokkeer.

фонарь прожекторФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae