Transnet gaan R50 miljard bestee om 1064 lokomotiewe van vier internasionale maatskappye te koop, het RSG berig.
Die maatskappy het Maandag kontrakte met General Electric, Bombardier en twee Chinese maatskappye gesluit het om die lokomotiewe te verskaf.
Transnet se sewe-jaar plan van sowat R300 miljard om die land se vervoernetwerk uit te brei behels die uitbreiding van die spoornetwerk, hawens, en pypleidings.
Die bestuurshoof van Transnet, Brian Molefe, het die ooreenkoms by ‘n mediakonferensie in Johannesburg bevestig.
Die suksesvolle bieërs sal Transnet voorsien van nuwe elektriese- en diesellokomotiewe.
Ingevolge die kontrakte sal die lokomotiewe in Suid-Afrika gebou word, wat werkskepping vir meer as 30.000 mense sal beteken.

Hopelik is hulle van hout gemaak sodat die “ontevrede passasiers” nie so sukkel om hulle aan die brand te steek nie.
30 000 Chinese gaan nou met werkskepping beloon word.
Jy meen, die hout “loco’s” sal goed werk vir hout … koppe !
Terwyl hierdie duiseligwekkende syfer beskikbaar is om soveel lokomotiewe aan te koop, wonder ek so by myself, enige verhoging vir die pensioenarisse in die nabye toekoms ?
More Trippie, moet jou komplimenteer met jou foto. Jy lyk pragtig !
Goeie môre Leana ! Baie dankie hoor (en ek sê dit in alle nederigheid). 😉
So word die Sjinese maatjies nou vetgevoer.
Die huidige bestel het voortgebou op die vorige bestel en spoorvervoer in hierdie land omtrent verwoes. Dit is veronderstel om goedkoper, veiliger en vinniger as padvervoer te wees maar a.g.v. die produktiwiteit (dit was/is mos semi staat) is dit onmoontlik om iets bekostigbaar met Transnet te vervoer (buiten natuurlik die erts – hulle maak genoeg geld daarmee om nie ‘n vlenter oor die res om te gee nie)
Hierdie plaas addisionele las op ons paaie wat hulle nou met e-trol probeer regtrek.
Transnet is soos ‘n roerlose skip oor die laaste paar dekades en Ramos se teenwoordigheid daar het ook nie gehelp nie.
Ramos was die grootste RAMP wat die SAS nog oorgekom het! Dis nog sagkens gestel.
Ek hoop sy rig net soveel skade aan by ABSA-Barklays!
Interessant wees by watter fondse gaan geskep en bankrot gemaak word waar die belastingbetaler weer die kastaiings uit die vuur moet krap om te red wat daar te redde is. E-Toll is nog baie vars in die geheue.
Nuwe Taxi’s ??????
Gordel vas vir ‘n lokomotiefskandaal. Hoop nie hulle gaan die lokomotiewe van swak Spaanse staal bou nie, hulle sal eers ou FW moet raadpleeg. Hy kon die ANC-regime darem betyds oorhaal om duikbote gebou met stewige Duitse staal te koop.
TATA-SAS….
Ek het nou in die nag juis weer hieroor nagedink.
Die regering het met die wapentransaksie juis vir SAAB betaal om nog industrie in hierdie land te vernietig. Ons het die vliegtuie gekoop en hulle moes dan weer hier investeer – daarmee het hulle ‘n klomp winsgewende besighede gekoop wat goeie kontrakte in die midde ooste gehad het.
Hulle het nou die tegnologie wat die maatskappye gevat (hulle het mos daarvoor betaal). Hulle het ontwikkeling gestop (hulle doen dit mos net in Swede) en daarmee nog vermoë vernietig van ZA. Hulle het die kontrakte met die midde ooste gestaak want SAAB mag nie met hulle besigheid doen weens sanksies nie – so is die winsgewendheid van die lokale SAAB ook vernietig en sodoende die maatskappy – ja daar werk nog baie mense maar hulle het alreeds ‘n groot aflegging gehad. Hoeveel kom nog?
Ek gebruik hierdie as voorbeeld van hoe ons BETAAL om onsself te vernietig. Dit maak net nie sin dat die regering sulke dinge toelaat nie – is dit “incompetence” of is dit doelbewus? Wat baat hulle daarby? (Nog blanke mans sonder werk. Nog minder wat wapens en verdedigingstelsels kan bou – die regering baat niks maar sy hanteerders baie.)
Hopenlik word die spoorvervoer reggeruk en die ongerief word uitgeskakel deurdat daar minder gebreekte onpadwaardige vragmotors op die landspaaie sal wees. Ja Willy, wishful thinking.
Ons mag maar droom, ne?
Ja wat ou Kalium. Maak hierdie saai en morbiede lewe net ‘n bietjie meer interessant.