praag.co.za

Is Mandela deur die Mossad opgelei?

Written by

in

,
Winnie, 'David Mobsari' en Joe Slovo
Winnie, ‘David Mobsari’ en Joe Slovo

Volgens ‘n brief waarvan uittreksels in die Israelse koerant Haaretz gepubliseer is, het die jong Nelson Mandela in 1962 opleiding in sabotasie van dié land se geheimediens, die Mossad, ontvang. Blykbaar het Mandela die Mossad-agente gegroet met “Sjalom” en was “bekend met die probleme van die Jodedom en van Israel en het die indruk gewek dat hy ‘n intellektueel is. Die personeel het [daarom] gepoog om ‘n Sionis van hom te maak.”

Hierdie onthulling, wat ook deur die wêreld se grootste nuuswebwerf, die Huffington Post, oorgeneem is, kom ná enkele weke van intense heldeverering aan Mandela, oënskynlik in ‘n poging van die Joodse meningsvormer, David Fachler, om versoening tussen die ANC en Israel te bewerkstellig ná onlangse meningsverskille tussen die twee. Ná die uitlatings van die voormalige Israeliese minister van buitelandse sake Avigdor Lieberman dat ‘n “pogrom [ etniese vervolging of slagting ] teen die Jode in Suid-Afrika net ‘n kwessie van tyd is”, het die ANC die plaaslike Jode gepaai. Mary Kluk, die voorsitster van die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes, het insgelyks die gedagte verwerp dat daar hoegenaamd enige gevaar vir Jode in Suid-Afrika dreig.

Mandela het tydens sy tydperk in die buiteland blykbaar onder andere die skuilnaam David Mobsari gebruik Die aangehaalde gedeelte uit die geheime brief van die Mossad, wat in die Israeliese argief bewaar word, lui soos volg:

Amptelike embleem van die Mossad, die Israeliese geheimediens
Amptelike embleem van die Mossad, die Israeliese geheimediens

Soos u u mag herinner, het ons drie maande gelede die geval bespreek van ‘n kadet genaamd David Mobsari wat by die Israelse ambassade in Ethiopië opgedaag het en van Rhodesië afkomstig was. Eersgenoemde het van die Ethiopiese personeel [wat amper vir seker Mossad-agente sou wees] opleiding in judo, sabotasie en vuurwapens ontvang.

Hy het ons manne met “Sjalom” gegroet, was bekend met die probleme van die Jodedom en van Israel en het die indruk gewek dat hy ‘n intellektueel is. Die personeel het gepoog om van hom ‘n Sionis te maak.

Tans beklee verskeie Suid-Afrikaanse Jode belangrike poste in die ANC-regering en ander instellings, soos byvoorbeeld die president van die Reserwebank, Gill Marcus, haar broer Gilbert wat die meeste van die ANC se belangrike hofsake as advokaat hanteer, asook die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, die rektor van die Universiteit van Kaapstad, Max Price, en vele ander.

Maar volgens Haaretz, wat in Tel Aviv gesetel is en in beide Engels en Hebreeus verskyn, is Jode besig om terug te staan in die Suid-Afrikaanse politiek en speel hulle tans ‘n mindere rol as in die verlede:

Jode was eens op ‘n tyd aktief in die Suid-Afrikaanse politiek op elke vlak. Benewens Helen Suzman, is die Progressiewe Party deur die voormalige opposisieleier Tony Leon verteenwoordig, asook Selma Browde en Harry Schwarz. Die African National Congress, die bevrydingsbeweging wat in 1994 die regerende party geword het, het oor ‘n getalryke groep Jode beskik, waaronder Joe Slovo [lees praag se resensie oor sy biografie], Ronnie Kasrils en Dennis Goldberg. Jode was ook prominent in die munisipale politiek. Tydens Johannesburg se 120-jarige geskiedenis, was 22 van sy 94 burgemeesters Jode, volgens die stad se webwerf. Sedert 1907 het Kaapstad reeds oor 13 Joodse burgemeesters beskik.

Intussen het die Nelson Mandela-stigting in ‘n verklaring die brief wat deur Haaretz gepubliseer is, verwerp:

“Die media dra tans die verhaal oor dat Nelson Mandela in 1962 interaksie met ‘n Israeliese agent in Ethiopië gehad het.

“Die Nelson Mandela-stigting kan bevestig dat hy geen getuienis in Nelson Mandela se private argief (wat sy 1962-dagboek en notaboek insluit) kon vind dat hy interaksie met ‘n Israeliese agent gedurende sy toer van Afrika-lande in daardie jaar gehad het nie. Sowel die dagboek as sy notaboek is as getuienis teen hom in die Rivoniaverhoor in 1963-1964 vir sabotasie gebruik.

“In 1962 het mnr. Mandela militêre opleiding van Algerynse vryheidsvegters in Marokko en van die Ethiopiese Onluspolisie te Kolfe buite Addis Abeba ontvang alvorens hy in Julie 1962 na Suid-Afrika teruggekeer het. In 2009 het die Nelson Mandela-stigting se senior navorser na Ethiopië gereis en onderhoude met die mans wat by Mandela se opleiding betrokke was, gevoer – geen getuienis van ‘n Israeliese verbintenis het na vore gekom nie.”

Luidens die artikel in Haaretz was Golda Meir, die toentertydse eerste minister van Israel, ‘n groot ondersteuner van die swart bevrydingsbewegings in Afrika. Eers later in die sewentigerjare, toe die meeste onafhanklike Afrikalande onder Arabiese invloed besluit het om die Palestyne te steun, het Israel sy posisie verander en begin om militêr met Suid-Afrika saam te werk. Samewerking tussen die ANC en die Mossad in die vroeë sestigerjare, gegewe ook die aansienlike persentasie radikale Jode wat die ruggraat van die ANC- en SAKP-leierskap uitgemaak het, sou dus strook met die destydse Israeliese buitelandse beleid.

 

Comments

30 responses to “Is Mandela deur die Mossad opgelei?”

  1. JAN Avatar
    JAN

    Almal wil nou deel in die glamourpompery en aas op die sukses van terreur teen ‘n Christen volkie in Verwoerd se tyd.

    Nou wonder ek hoekom die lokale anti – christe so stil is met hul regmatige deel en aanspraak op die glorie van terreur? Hmm?

    Ek meen Oom Thys van Perskor maak mos geen geheim daarvan nie dat hy die Christene passievol haat en minag en beskou ons as ‘DOM’ en ‘n verleentheid. Hy gebruik ook aliasse soos Mandela.en Matt. Vir wie werk hulle?

    En Matelose Matt gebruik ook mos immer ‘Shalom’ net soos Mandela..

    Dis Kersfees , die grootste gebeurtenis in die geskiedenis van die mensdom en die wêreld vier die ondergang van ‘n Christenvolkie wat die grootste voorspoed en vrede ooit op die kontinente veroorsaak het onder Verwoerd se veelvolkige demokrasie.

    Almal wil nou deel in die Tsafendas-erflating

    1. henkst Avatar
      henkst

      Al die gelowe, mites en legendes is gebaseer op die verskillende seisoene, waarvan die mens afhanklik is vir oorlewing.
      Die bekendste avatar is die Hindoe goddelike Vishnu, die onderhouer en redder, wat die voorjaar versinnebeeld. Ander mitiese gode wat almal na die koms van die somer lig/son en die lente reën verwys; is die Nordiese god van die voorjaar Balder ‘Lig’ die Mesopotamiese Dumuzi, die Akkadiese Tammuzi, Mithra die Indo-Iraanse god van lig, die Egiptiese-goddelike Horus, en Christus ‘die Lig van die wêreld’.

      1. JAN Avatar
        JAN

        Ja Henkst dis waar en bevestig die geestelike evolusieleer van die donker heidendom tot die futuristiese Calvinistiese Christendom – die lig van die wêreld. [LW dis Calvyn wat die wetenskap bevry het]
        Vraag
        Indien dit julle motivering is om Christene te vervolg is dit beslis Tsafendemonies, Nie waar nie?

        1. henkst Avatar
          henkst

          Jan, Outoppie, Jors Troelie as jy nie jou pille drink nie gaan die wolf, wat Rooikappie ingesluk het jou ook insluk. Rooikappie wat die mandjie lekker kossies vir haar ouma geneem het versinnebeeld die opkomde son se beweging deur die hemelruim, volgens die Germaanse legendes.
          Die Egiptenare en Jode skep egter afgode van die bewegende son. Watter verhaal moet ek vir jou vertel die een van Ra of die een van Jahwe?
          Dit is jou saak as jy die Hebreeuse mites verkies, persoonlik verkies ek die Germaanse mites van my voorouers!

          1. jan Avatar
            jan

            Is ou Henkst nie moontlik een van daai skrifgeleerdes en farisseers vir wie Jesus so uitsonderlik vervloek het nie.? Hmm? Addergeslag, witgepleisterde grafte – wie Jesus versoek om van klippe brood te maak .Hmm?

          2. henkst Avatar
            henkst

            Outoppie, dit is die skrifgeleerde broederbonders wat jou ore aangesit het.
            In Samuel word die mitiese verhaal van die 98-jarige Eli vertel wat by die poort op sy stoel gesit het, en toe daar van die Ark gepraat is, het hy agteroor van sy stoel afgeval en sy nek gebreek. Die vrou van Pinehas wat ver heen was in haar
            swangerskap het, toe sy die tyding kry dat die Ark van God deur die Filistyne in besit geneem is en dat haar skoonvader en haar man gesterf het, ‘haar krom gebuig en gebaar, want haar barensweë het haar oorval.’ Die seuntjie wat sy
            gebaar het, is Ikabod genoem.
            Ek sê nou vir jou, as jy en baie ander Afrikaners nog steeds bly glo in die Calviniste se “predestinasie” in die opsig dat julle verwag dat God julle eendag (om die een of ander rede) sal red uit die kloue van die ANC, is dit ikabod met die
            Afrikaners! Ongelukkig weerhou hierdie valse geloof van julle ons daarvan om doeltreffend weerstand te bied teen die regering se vergrype.
            Gaan drink nou jou pille voor jy ook van jou stoel afval.

          3. jan Avatar
            jan

            Henkst weereens presies ‘n helse oordeel oor jouself want ‘IKABOT’ beteken God se eer is nie meer met ons nie’

            Dis presies wat julle doen : Jy onteer en belaster en ontheillig die God van die Bybel die God van ons Volkie en aanbid klippe en geskrifte.

            Dis presies soos wat Hofnie en Pinnias gedoen het met die gevolglike slagting onder die Volk deur die Filistyne.

            Hierdie gelykenis profesie van Hofnie en Pinieas en Ikabot was juis die preek in die APK op Geloftedag.

            1Samuel 2 oor die seuns se heiligskennis
            1 Samuel 4 15 – 22 oor die gevolge daarvan.

          4. henkst Avatar
            henkst

            Outoppie aanbid jy die Son?
            Is Jahwe God, of is Jahwe die Son?
            Eksodus 3:2 Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!
            Eksodus 3:3 En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en
            hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie.
            Eksodus 3:4 Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek.
            Eksodus 3:5 En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou
            skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond.
            Eksodus 3:14 Toe sê God [Jahwe] vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”
            Die naam “Ek is wat Ek is”, kom van die Egiptiese god Ra se tempel inskripsie “Nuk Pu Nuk’, of in Afrikaans ‘Ek is wat ek is’.

            Volgende keer stuur ek jou ‘n foto van die ark of dan Ra se boot wat nooit weer gevind is nie!

          5. jan Avatar
            jan

            Henkst jou uitleg van 1 Samuel 2-4 is is soooo kurrup ketters en vals dat al jou ander skrywes dislekties is.
            Haal diep asem en ontspan in jou vals volksvreemde en wêreldvreemde gemakzone..

          6. henkst Avatar
            henkst

            Outoppie,
            Dit is tyd vir jou pille.
            Waar het ek ‘n uitleg van 1 Samuel 2-4 gegee?
            Het jy nog nooit van astrolatrie of astro-teologie gehoor nie?

      2. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Christus se beeld is so verdraai

        1. henkst Avatar
          henkst

          In Jesaja 44-45 word die Persiese koning Kores onder meer
          “herder” en “gesalfde” (messias/Christus) van Jahwe (God van Israel) genoem.
          In die Kores-silinder word na Kores verwys as die gunsteling wat deur Mardoek (’n God van Babel) uitverkies is om hom in die jaarlikse prosessie te lei. Binne kerke word hierdie verbande na my wete selde, indien ooit in prediking of Bybelstudies/Bybelskole aan die orde gestel.
          In die populêre omgang met die Kores-silinder, word dit dikwels besing as ‘n eerste “Handves van Menseregte”.

          1. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Meeste kerke verkondig net die “lekker” deel van die Evangelie – Julle het gesondig maar is OK. Baie belangrike dinge word agterweë gelaat.

    2. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Die standbeeld van die nuwe afgod is met met brons oorgetrek. Voete van yster en klei? God laat nie met Hom spot nie. Die wêreld moet maar lekker kekkel oor die “oorwinning”

    3. ThysH Avatar
      ThysH

      Outoppie/Jors, jy moet jou vieslike bek van my afhou. As ek jou raakloop gaan ek dit vir jou toeklap!

      Groete – en onthou om jou pille te drink.

      1. jan Avatar
        jan

        Probeer weer:
        ThysH alias wie ook al:
        Wat adviseer Nitzche oor Tsafendas Mandela en die Mossad wat jou grensloos be-indruk ? Hmm?
        Ons sien Willy is ook nog nie weg nie en dis al Ou – Kersdag.
        sukkel seker om al die diefwering en alarms en honde en Sangoma moetie aan te skakel daar in die reenboog Tsafendastan waar hy so knus kamp.

  2. Gert Kruger Avatar
    Gert Kruger

    Wat ‘n klomp geskrewe diarree hieronder waarvan mens geen sinvolle afleiding kan maak nie!

    1. jan Avatar
      jan

      Ag nee Gert man,
      hoewel ek jou spesialis kennis respekteer – weet almal mos dat dit die wittes was wat vir Verwoerd vermoor het en tot vandag toe is sy grootste vyande wit, nie swart nie….

        1. jan Avatar
          jan

          Dan het jy seker deur die Drif se bodem gekoekeloer.

          1. Sjert Avatar
            Sjert

            Hoe ookal.
            Gert en ou Jan
            is ‘n eensiel span.

  3. Sjert Avatar
    Sjert

    Israel was voor die 6 Dag Oorlog in 1967 die liefling van die radikale linksgesindes in Wes Europa. Onder die leiding van Golda Meir en hul sterk sosialistiese inslag het die Israeli’s ook groot steun van die nuwe onafhanklike Afrika state geniet. Selfs tot binne in die VN in.
    En toe beland die vye wat toe al die tyd nie regtig vye was nie, binne in die waaier van die Afrika state met die uitbreek van die 6 Dag Oorlog. Palestyne en omliggende Doekkoppe kry ‘n verskriklike pak slae van die eertydse lieflinge van Donker Afrika – Israel.
    End van die prent van Donker Afrika wat so mal is oor die Joodse staat.
    Alhoewel Mandela en selfs van sy sielsgenote binne die ANC en SAKP met die pre-1967 Israeli’s kontak kon gehad het, kon dit nie van veel belang of nut gewees het nie. Trouens na die vangs by Liliesleaf in 1963 en die daaropvolgende Rivonia verhoor, was die ANC selfs volgens hul eie erkenning – poerdes moerdes – en vir ‘n hele paar jaar nie instaat tot allerlei planne en dinge om eers amper ‘n faktor te wees nie.
    Mens is geneig om die Mandela koorsangers se storie te glo, dat die Mossad sprokie nie veel om die lyf het nie.

  4. Willy Avatar
    Willy

    Geensins met die berig te doen maar vergun my net om aan:
    1) Arnieann
    2) Sjert
    3) Rooikop
    4) Kalium
    5) Leana
    6) Riempies
    7) Dr Roodt en sy span by Praag
    8) Boerewitman en
    9) Hans ‘n vreugde en vredevolle Kersfees toe te wens en ‘n baie voorspoedige nuwejaar. Ek vertrek môreoggend en so lank leef soos my oorle ma altyd gese het, is ek terug by Praag so by die helfte van volgende maand.
    Ciao!

    1. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Dankie, ‘n geseënde Kersfees vir jou ook. Geniet die bestemming van die “vertrek.”

    2. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Dankie vir die goeie wense. Mag ons almal se soeke na selfbeslikking hierdie komende jaar ‘n werklikheid word

  5. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    So word ons vyande stelselmatig geïdentifiseer.

    1. eduard Avatar
      eduard

      Met die hand groet hulle jou en met die ander hand steek hulle jou in die rug en stil-stil sal hulle ons uitdelg. Wonder wie haat die blankedom die meeste? Swartes of khazarjode.

  6. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Daar is diegene wat verwonderd is oor die feit dat die Mossad vir Mandela kan oplei EN dan nog met die ZA regering hand op die blaas kan wees. DIT IS HOE DIT WERK IN DIE INTERNASIONALE POLITIEKE ARENA.

    Ek het die nie self uitgedink nie maar in werking gesien by iemand wat groot besigheid met die regering doen. Selfs in ons eie regering is daar verskillende faksies en jy MOET sorg dat jy AL die faksies in jou sak het voordat jy die midelle aanwend tot ‘n regeringskontrak aangesien regerings in ‘n oogwink verander (dink maar aan Mbeki deur Zuma vervang) en dan moet jy seker wees jou kontrakte sal nog gehandhaaf word.

    Dit werk net so in die internasionale politiek. Wat Israel baat by ZA is vir my duister maar dat hulle beide kante speel dit maak heeltemal sin.

    1. Sjert Avatar
      Sjert

      Jy’s reg Rooikop.

      Soos individue, besighede en korporasies hul eie belang noodwendig vooropstel, doen state en regerings dieselfde. ‘Nasionale belang’ is die wagwoord. Was nog altyd so deur die eeue heen en sal vorentoe
      ook so bly.

      Israeli’s se toenadering tot die ANC?

      Hoe minder vyande, hoe meer vreugde en hoe minder probleme. Dit geld nog altyd vir individue, besighede, korporasies, regerings en state.

  7. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Ek dink wel so, maar die agtergrondgeraas van liberalisme oordruis hulle.

Leave a Reply