Gill Marcus vier oorname van Uniegebou met spesiale R2-munt

Deel op
Gill Marcus glimlag breed, asof sy wou sê: R2 vir julle en R5 miljoen vir my! Foto: GCIS
Gill Marcus glimlag breed, asof sy wou sê: ‘R2 vir julle en R5 miljoen vir my!’ Foto: GCIS

Gill Marcus, wat self as ‘n begunstigde van die ANC se verowering van die land en sy instellings, R5 miljoen per jaar verdien, het so pas ‘n nuwe R2-muntstuk aangekondig om haar party se oorname van die Uniegebou te vier.

Hoewel die munt aangebied word om die eeufees van die Uniegebou te herdenk, is dit uit verklarings duidelik dat die Reserwebank die Uniegebou aan Nelson Mandela koppel. As gevolg van die bank se ideologies geïnspireerde note met Mandela se gesig daarop het dit in die mees onlangse boekjaar ‘n verlies van R1,27 miljard getoon.

Dit het egter nie die bank verhoed om Marcus se enorme salaris van R4 990 000 te betaal nie – twee keer soveel soos die staatspresident s’n. Selfs haar adjunkte verdien enorme salarisse. Daar is nie minder as drie van hulle nie, wat met die volgende vergoedingspakkette spog:

Daniel Mminele: R3,8m

Francois Groepe: R3.56m

Lesetja Kganyago: R3,81m

Groepe was voorheen by Naspers werksaam waar hy die uitvoerende hoof van Media24 was. Hy is egter weens onbekwaamheid deur mnr. Koos Bekker, uitvoerende hoof van Naspers, afgedank.

Volgens Marcus is dit nie nodig vir die Reserwebank om wins te maak nie. “Ons is nie ‘n instelling wat deur die winsmotief gedryf worrd nie. Niemand voel gemaklik met verliese nie, maar die oogmerk is nie om winste te maksimaliseer nie. Ons oogmerk is om ons werk te doen. Soms maak jy ‘n wins en soms ‘n verlies.”

Daar sal ook ‘n spesiale uitgif van sterlingsilwermunte geskied. Volgens Hlengani Mathebula, woordvoerder vir die SARB. sal die SA Munt in Midrand die munstukke vervaardig: “Die SA Munt sal die sterlingsilwer- R2-kroon uitreik as ʼn enkelmuntstuk met sy beperkte oplaag van 1 000, sowel as deel van ʼn versamelaarstelletjie wat die kroon, sirkulasiemuntstuk en 20 herdenkingseëls insluit,”

Daar sal slegs 700 stelle beskikbaar gemaak word. Die stelle en die R2-kroon sal by SA Mint en Coin World te koop aangebied word.

Die muntstuk het die landswapen, jaar van uitreiking, en die woorde “Suid-Afrika” in Afrikaans en isiXhosa op sy voorkant. ʼn Afbeelding van die Uniegebou verskyn op die rugkant, tesame met ‘n Engelse inskripsie.

Die R2-sirkulasiemuntstuk sal van vroeg 2014 af in omloop geplaas word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.