EFF groei na ‘vuil stemme’ en Dali Mpofu oorloop

Dali Mpofu
Dali Mpofu

Ontstoke inwoners van Bekkersdal aan die Verre Wes-Rand dreig met anargie nadat die ANC gesê het hulle het nie inwoners se “vuil stemme” nodig nie.

Samesprekings met die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Lechesa Tsenoli het in duie gestort.

Verteenwoordigers het Sondag uit die samesprekings gestap nadat hulle sowat agt ure lank geredekawel het.

Die samesprekings het gevolg na dae van gewelddadige betogings in die gebied waarin een persoon dood is.

Inwoners eis onder meer die skorsing van die burgemeester en raadslede van die gebied en vra dat die munisipaliteit onder administrasie geplaas word.

Tsenoli sê die munisipaliteit kan nie sonder konkrete redes onder administrasie geplaas word nie, maar dat daar onmiddellik opgetree sal word indien bewys kan word dat die burgemeester en raadslede korrup en onbevoeg is.

Maar Bekkersdal was nie in die bui vir die ANC se pogings om hulle te paai nie.

Die gemeenskap het opstandig geraak ná ‘n ernstige teregwysing van die Gautengse provinsiale leier Nomvula Mokonyane oor hul oproerigheid. “Mense ons kan dreig en sê dat hulle nie sal stem nie, maar die ANC het nie hulle vuil stemme nodig nie,” het sy glo aan hulle gesê.

Die Bekkersdalgemeenskap dreig nou om die ANC uit die kussings te lig deur hul stemme aan die EFF te gee.

Mokonyane is deur Westonaria se burgemeester, Nonkoliso Tundz, ondersteun wat haarself na bewering nog meer ongewild as die premier gemaak het deur inwoners te beledig toe sy na hulle as “inkwenkwe” verwys het, ‘n term vir diegene wat nog nie by die inisiasieskool was nie en gesien word as seuns.

Inwoners sê die ANC nie hulle “vuil stemme” nodig het nie, is daar ander politieke partye wat dit beter sal aanwend om effektief na die kiesers om te sien in teenstelling met hoe die ANC hulle behandel.

Baie inwoners van Bekkersdal sal vir die EFF [ Ekonomiese Freedom Fighters ] stem, het ‘n swart student in mediastudies gesê.

Advokaat Dali Mpofu het intussen vir nog ‘n opskudding in die ANC gesorg nadat hy bedank uit die party om by die EFF aan te sluit.

“Interne verlamming [ in die ANC ] is sodanig dat dit ‘n kwessie van tyd is voordat dit irrelevant tot die breër revolusie raak,” het Mpofu aan City Press gesê .

Mpofu was vir 33 jaar ‘n lid van die ANC.

Hy is tans by die Farlam Kommissie van Ondersoek om gesinne van die mynwerkers wat dood is by Marikana verlede jaar, te verteenwoordig.

Die advokaat het aan City Press gesê dat hy glo dat “radikale beleid ” nodig is om die armes te help. Hy het gesê die rykes moet aan die armes gee om “stabiliteit” te bewerkstellig.

“My enigste voorspelling is dat kiesers met die verloop van tyd sal sien dat hulle net weens die sentiment en die naam [van die ANC] ondersteun.”

66 thoughts on “EFF groei na ‘vuil stemme’ en Dali Mpofu oorloop”

  1. Nou-ja toe, kom ons hou dop met die verkiesing aan’t kome.

    Vir soveel jare was hierdie “vuil” stemme goed genoeg vir die ANC – en beloftes op beloftes is gemaak – en slegs sekere “agbares” het baat gevind daarby. Die gepeupel het klaarblyklik nou genoeg gehad van leë beloftes, want steeds het hulle nie gratis behuising (buiten vir hul sink kaia’s), stowe, yskaste, en in die algemeen, meublement, ens. ontvang nie.

    Die vraag bestaan steeds, wanneer gaan hulle besef, om aan te dring op diens, beteken dat “ek” betaal daarvoor.

    Niks in die lewe is meer gratis nie (behalwe kondome).

          1. Nee kyk, jy bly!!!! dis flippen snaaks! Ontgroening van hierdie kant af verby! ten minste het jy ook ‘n sin vir humor….bietjie verdraaid soos ons s’n maar daar!!!

          1. As jy oor soveel jare die gevolge van jou aksies systap en altyd op ander se “christelike” ingryping staat te maak sadat jy nooit verantwoordelikheid hoef te vat nie, dan is uitwissing tog die Logiese (Natuurlike) uiteinde, nie waar nie.

      1. Goeie môre Riempies. Ek probeer tevergeefs my boodskappie vir jou laat, probeer weer.

        Jou stem was self baie stil verlede week – aanvaar jy was besig aan die tuisfront.

        Gelukkig is Rooikop, Dink net bietjie en Eric ons goedgesind 😉

        NS: Ek was self sedert Vrydagmiddag nie aanwesig nie – was bietjie uitstedig tot gisteraand laat.

          1. Baie dankie,maar ek glo nie ek sal baie lank hier vertoef nie, maar wie weet? Die lewe loop soms snaakse paaie met mense, vandag hier more daar en oormore weer terug.

          2. Nie sommer nie ek is al 7 jaar hier – ek dink dit is so lank dat ek nie eintlik meer mooi kan onthou nie.

        1. Trippie ek voel soos iemand wat losgemaak is uit n
          “Strait Jacket” – kon nie op Praag inkom nie en wil so graag so baie se met gepaardgaande arns en hand gebare en ek kon nie n woord gese of n arm geswaai kry nie 😉

          Ja nou wat die huisbou sy einde begin bereik raak dit mos nou my domein en ek is n genadelose meester – my arme man het al n slag in die motor gespring en (ou) huis toe gery om te voorkom dat hy my in die kleinste kamertjie in die nuwe huis toesluit om sy gemoed kans te gee om te herstel.

          1. Middag Gas – dit wil voor kom asof u ‘n gereelde gas is op Praag ? Dan sou u geweet het ek groet normaalweg eerste, tensy ander gebruikers na my kommentaar lewer.

          2. Ek kan nie namens ander Praag-lede praat nie, maar ek kan wel bevestig, soos wat ek gister was, so is ek vandag, en more sal ek steeds dieselfde wees.

            Verder, ek glo dat daar so bietjie humor ook mag wees, andere sal van my verskil.

            Soos my oorlede moeder by my geleer het (dankie moedertjie) – daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles.

        1. Ons dink maar mos dieselfde as julle manne ons het net die voordeel van muldimensionele denke amper gelyktydig – wat soms voordelig is, maar nie altyd nie – nie bv. as dit beter sou gewees het in n gegewe situasie om liewer stil te bly nie 😉

          1. Hoor jou, ook maar lekker uitgeslape. Net jammer dat julle soms nie so multidimensionele in die praktyk funksioneer nie, die alewige kopseer in die aand.LOL

          2. Dame ek dink weer iemand is “multi skilled” of nie. Kan mos nie nou vir jou vriendin wil opkom nie. Ek is nuut sonder vriende en word klaar omsingel en aangeval. Doen julle dit altyd met vreemdeling?

          3. Kom ons sê maar “that’s the way the cookie crumbles” !

            Die geheim lê daarin om altyd beleefd te wees, al sou jy verskil van ‘n persoon se repliek.

            En ons mag van mekaar verskil.

            NS: Riempies is ‘n “ou hand” hier op Praag, en aangesien sy ‘n fyne vroutjie is, verdien sy ondersteuning van die vroulike verslag, maar glo my – SY STAAN HAAR MAN !!!

          4. En staan ons man ook somtyds. Moes eintlik “tierkat” gewees het nê Riempie! Vra maar vir Matt, Ken en die ander gesneuweldes!!!

          5. Hallo julle almal, gelukkig tel jy my nie onder die gesneuweldes nie. Net vinnig kom inloer. Sien julle weer eendag op ‘n reëndag. Bye Bye

          6. Jip nes jy daar se – hulle le bouns ien de ehr. Die
            enigste een wat eerstehandse kennis het van tierkatte is Willy en ek sien hy
            vermy ons soos die 11de plaag 😉 deesdae en ek wou hom nog hoeka uitgevra het oor witleeutjies.

          7. Het jy so wragies vergeet dat dit ‘n ou Afrikaner instelling is om nuwe maats eers te ontgroen.
            Moet tog nie dat ons so moet sukkel met jou nie.
            Nee-a magtie.

          8. As ek jou so kyk, is jy klaar daardeur. Jou houding is nou reg.
            Baie geluk, en welkom hoor.

          9. Hallo daar WILLY!!!!!! Vertel hom ons is lovers en nie fighters nie TOE!!! Hoe gaan dit ou maat!

          10. Hallo JAVR Hoe lyk dit aan jou kant? Hierso so kalm soos ‘n daggawalm! Ek sal. Iets in jou oor fluister. Hy weet dit.

          11. Jammer maar ek moet nog my groet-etiket nog onder die knie kry. Ek sal maar Emsie Schoeman se reëlboek aanvra.

          12. JAJR nog een van die skoner geslag wat op die oorlog pad is? ‘n Man kan ook nooit wen nie.

          13. Nee wat ek is nie ‘n bakleier nie! Skoner sou ek dit nou nie stel nie maar….. vroulik wel

    1. Ek dink Jules is slimmer as Zuma – hy mag hom dalk nog net uitoorlê en met Bob se raadgewers (Jules het mos ook vir die kwien gaan kuier het hy nie?) is daar ‘n groot ding op hande.

      Wat ook duidelik hier uitkom is dat die ANC reken hy is onaantasbaar. Hulle het nie nodig om te baklei vir stemme nie – dit beteken dat hulle ‘n meerderwaardige houding teenoor hulle eie mense inneem en DIT gaan hulle duur kos (EFF sal die res optel).

  2. Dit is so duidelik soos daglig wat hier aan die gebeur is. Die betogers is werklose swart jeugdiges wat nie vir dienste betaal nie. Hulle word aangehits deur Malema se impies wat hy uitstuur. Dit gaan hier om steun vir die EFF te werf en niks anders nie. Hierdie betogings wat met geweld gepaard gaan sal al meer uitbrei hoe nader dit aan die verkiesing kom. Dit is Malema se manier om stemme te werf.

    1. Andersgesien, die ANC demokrasie “deliver” nie. Swartes is armer as selfs onder apartheid. Die beloftes van die ANC/DA/VF bestel “deliver” net aan die korruptes. Kyk die karre en weelde… hulle weet nie hoe om briek aan te draai nie.

Maak 'n opvolg-bydrae