Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het ‘n ondersoek na die laaste saak van seksuele teistering voltooi nadat ’n vierde dosent bedank het.
’n Tugproses teen dié dosent was nog aan die gang, maar hy het besluit om sy bedankingsbrief in te dien voordat hy sy lot gehoor het, berig Eyewitness News.
Twee dosente is in Julie afgedank en ’n derde dosent is verlede maand afgedank nadat hulle skuldig bevind is aan seksuele teistering.
Prof. Adam Habib, visekanselier van Wits, het gesê ’n nuwe ondersoekproses is in werking gestel om in die toekoms voorvalle van seksuele teistering beter te hanteer.

Hierdie liberalistiese universiteit lyk meer na ‘n bordeel as iets ander.s
Hulle meld nie of dit wit of swart is nie, maar ‘n ou kan jou eie afleidings maak.
Soos ek maar altyd sê ” live like a animal, die like a animal”. Elk is maar verantwoordelik vir sy eie dade.