Beeld berig dat Salahdin Yacoubi, hoofamptenaar van Electronic Tolling Collection (ETC), skielik bedank het. Hy was die baas van die onderneming wat Gauteng se e-tol sal moet invorder.
Die redes vir sy skielike bedanking is nog onbekend, het Fin24 berig.
ETC is ’n filiaal van die Oostenrykse e-tolmaatskappy Kapsch Traffic-Com en is in 2009 gestig met die uitsluitlike doel om te help met die insameling van Gauteng se tolgeld. Dié massiewe taak sal die verantwoordelikheid van ETC en die plaaslike bemagtigingsmaatskappy Traffic Management Technologies (TMT) wees.
Die Nasionale Padagentskap (Sanral) het gesê hy is self eers gister van Yacoubi se bedanking in kennis gestel, maar dat dit geen uitwerking op sy kontrak met ETC sal hê nie.

Teken die petisie
http://www.tolhekpetisie.org.za/
My vyande op die forum sal dit seker nie teken nie, maar liewer e-tol betaal aangesien die petisie deur die VF+ geloods word.
Lyk my die petisies deur Afrikaanse organisasies word nou al soos die swartes se betogings elke dag.
Darem die beskaafde manier om jou misnoeë uit te spreek sonder om soos die swartes te plunder en te brand.
Môresê Seg. Jy, forum vyande? Jy is dan almal se pêl! LOL!!
Nee ou Willy ek is nie David Kramer nie. Bly in die modder net die diepte verskil.
Seg, wat jou skoen grote?…..ek dra gumboots…..
Sal korporasie toe moet gaan ek koop, dankie vir die wenk.
Ek hoop en wens dat die een hiccup na die ander een volg en laat hierdie hele E-Toll projek tot mislukking gedoem wees.
Willy of ons dit nou wil weet of nie, al wat dit kan laat misluk is die mense wat daardie paaie gebruik. Niks en niemand anders nie.
Seg ek ry hom twee keer per dag vir vyf dae. Gaan deur drie tolhekke een rigting, retoer ses!
Salahdin het seker ‘n gewete gegroei. Siestog.
More Andrea. Nee girl, nie gewete nie, hy het klaar sy deel gesteel en maak gatskoon voor hulle dit kan optel! Julle sal sien dat dit een van die dae vorendag gaan kom hoeveel miljoen hy mee weg is!
Môre! Ja, waarkynlik ook ‘n saak van gierigheid en selfsug. Hy het gesien hoeveel die nasie “demand” en hy was nie in ‘n deel bui nie!
….Titanic?……….
Nou net oor die radio Malema en sy EFF betoog oor e-tol n ander partye sluit by hulle aan. Waarom kan Malema dit regkry en ondersteuning in so ‘n kort tyd opbou en Afrikaanse partye of organisasies nie? Hierdie man gaan vir ons probleme gee.
Want hy weet waaroor die klomp dikbek is en belowe dan oplossings vir juis dit. Ons Afrikaners is ongelukkig nie meer so maklik oorreedbaar nie! Ons was al te veel kele in die hel geloer! Solank hy regkry waarvoor hy betoog met die e-tol kan hy maar bos gaan!
En toe klim Sageus uit die boom uit .
Ek dink die hooftollenaar het na deeglike bepeinsing tot die slotsom gekom dat dit makliker gaan wees om ‘n poep in die hoek vas te keer en groen te verf as om ‘n sukses te maak van die invordering van tolpadgelde van ‘n steeks spul motoriste. In ‘n land soos SA met ‘n onbetroubare posdiens, korrupsie ‘n alledaagse verskynsel, onbevoegde administratiewe personeel en antagonistiese gebruikers gaan dit net ‘n kwessie van tyd wees voordfat alles plat val.