Sport se alkoholverslawing binnekort gedokter

biersabSuid-Afrikaanse sport gaan broodnodige borgskappe verloor te danke aan die regering se beplande verbod op alkoholadvertensies.

Die direkteur-generaal (DG ) van sport en ontspanning Alec Moemi het die Parlement se portefeuljekomitee oor sport ingelig oor die gevolge van die voorgestelde wet wat binnekort in die Staatskoerant verskyn vir openbare kommentaar.

“Dit sal ‘n jammer dag vir ons in sport wees as dit gebeur, en as ons so beduidende borgskappe verloor, want eerlik … wat die Tesourie aan ons sal gee, sal heeltemal te min wees om sport mee te dryf,” het Moemi gesê.

Die DG het verwys na die verbod op advertensies wat hy gesê het die departement van sport heelhartig ondersteun.

Maar hulle glo dat die geld wat ingesamel word met die toename in sondebelasting sal na die departement vloei.

Moemi gesê hy sal nie by die debat oor die vraag betrokke raak of daar ‘n direkte verband tussen alkoholadvertensies en alkoholmisbruik is nie.

Hierdie debat moet oorgelaat word aan die departemente van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling.

BMI Sports Info, SA Breweries en Brandhouse projekteer dat die ekonomie sowat R7.4 miljard sal verloor as die verbod geld.

Daarbenewens sal duisende werkgeleenthede verlore gaan .

Die wetsontwerp word gedryf deur die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi wat sê dit kos die regering dubbel die bedrag weens die gevolge van alkoholmisbruik as wat die bedryf tot die ekonomie bydra.

Motsoaledi het gesê dit kos die regering R40 miljard per jaar aan die impak van alkohol op die samelewing. – Sapa

35 thoughts on “Sport se alkoholverslawing binnekort gedokter”

  1. Maak hulle nou soos met die sigaret maatskappye? Ek het verstaan die destydse minister van gesondheid (ek dink dit was Maantoe) het blykbaar na ‘n sigaret maatskappy gegaan en ‘n redelike groot aandeel geëis. Hulle stuur haar toe blykbaar in haar pekie en dit is waar die hele anti-rook advertensie ding begin. Dit is soos ek die storie gehoor het. Het dieselfde nou met drank gebeur?
    Om advertensies te stop gaan nie mense keer om te drink nie. Hulle sal net weer meer van hulle eie brousels drink wat soms hoogs giftig is as die proses metielalkahol produseer.

          1. HalloooooWilly, natuuurlik, juis waarom ek die heerlike Versnapppering genoem het by name, Battery suur maak die HOOF bestandeel wha ha ha ha

        1. Chris ek wat powerlifting doen nasionaal en internationaal, gaan google my naam, is en kan daar nie drank betrokke wees nie so ook nie by ‘n skaakspelkompetisie nie. So jy moet passop om nie te veralgemeen nie. Ek sal my, soos jy dit noem, sport afgode nie dood maak nie. Inteendeel ek is mal oor sport. Dit wys maar net die liggaamlike gesondheid wat die Skepper vir ons gegee het. Jy sal in jou lewe nie die sport afgode kan dood maak nie. F1, Gholf, motorsport, sokker, krieket, rugby, strongman waar ek ook deelneem, om ‘n paar te noem. Met alle respek gese, jy is te min en te dun!

          1. Net soos jy se, maar sonder die drank borgskappe sal dit nie meer so prominent op TV in ons keelgatte af gedruk word nie.
            En dalk gaan jy nie meer n borg he nie,ek weet nie, en ander sportmanne met borgskappe minder verwaand wees.
            Met alle respek gese jy klink vir my maar net soos nog n spotmal afrikaner. Dit is hoekom hulle “ja” gestem het.

        1. Nee! nee!! nee!!! Kyk wat gebeur as jy vir ‘n oomblik jou hand van my skouer afhaal. Kom ek kry jou weer op die pad.
          Ek is nie ‘n ou bul nie maar! Ek plaas weer een van my karaktertrekke op die forum.
          Dit is natuurlik die alpha karaktertrek.

          1. Ma sien dissie ding met tale wat tong uit steek vir foenetika.
            Nie eens die Vraanse kan `n verwandskap sien nie.

  2. Klink vir my na ‘n wen-wen resep. Die afgodery kry minder finansiering en dalk kan SAB hierdie ekstra fondse beter aanwend om te kyk of hulle vir ‘n verandering ordentlike bier kan maak. Ekonomies is sport ook niks anders as reaktiewe drywing nie. Baie stroom vloei, maar min werk word gelewer!

Maak 'n opvolg-bydrae