Goeie nuus vir die patriotiese president

kabila
President Kabila

Beide Angola en die Kongo was en is van kardinale belang vir Suid-Afrika as ‘n soewereine superstaat in ‘n multi-polêre wêreld van superstate soos die VSA, EU en China.

Tydens die eerste Afrikanerstaat het Namibië aan Suid-Afrika behoort, en kon die Suid-Afrikaanse Weermag goedkoop en vinnig deur Namibie tot in Angola ry.

In 1975 was die plan om die magsvakuum met minimum fanfare te vul om tot in Luanda te ry met ‘n blou Honda-motortjie heel vooraan, die MPLA se oorname te stuit, en Unita aan bewind te plaas. Dit sou die olieryke Angola soos Namibië de facto ‘n aanliggende provinsie en afhanklike tuisland van Pretoria gemaak het. (Die VSA/CIA het hulle vyand Fidel Castro toegelaat om Pretoria se supermag ter wille van Beijing se steun aan die VSA teen die Sowjet-Unie te stuit.)

Vriendskaplike Rhodesië sou by ‘n vergrote Suid-Afrika-Namibië-Angola baat gevind het, deurdat dele van Zambië en post-Portugese Mosambiek terselfdertyd in Rhodesië se invloedsfeer en ekonomiese skoot sou geval het, en Rhodesië sodoende sterk en standhoudend sou gemaak het.

Deur in 1975 vanaf Suid-Wes tot in Luanda te ry, sou Pretoria teen die jaar 2000 ‘n magtige konfederale Suider-Afrikaanse superstaat gewees het, gelykstaande aan die EU en die VSA, met die potensiaal om die Westerse wêreldleier van die 21ste eeu te word. Dit is ‘n wetenskaplike geopolitieke feit, en nie onderhewig aan debat nie.

Cecil John Rhodes en Alfred Milner se werk sou ongeveer ‘n eeu na hulle Westerse visie verwesenlik geword het, ironies genoeg onder Afrikanerleierskap en potensiele wêreldinvloed. Afrikanerleiers in Pretoria was egter vrekbang vir plaaslike wit kiesers bestaande uit verskillende etniese groepe, tale en kulture, en het aanvanklik hopeloos te stadig en versigtig die geweldige magsvakuum in Angola en Mosambiek probeer vul.

Groot dele van dieselfde magsvakuum is egter vandag nog steeds daar. Kwazulu-Natal regimente veg nou in die DRK, en hulle maak goeie vordering danksy puik Afrikanerwapentuig, insluitend die Rooivalkhelikopter. President Zuma se weermag moet egter na die DRK, Uganda en Rwanda vlieg, wat die logistieke lugbrug geweldig duur en moeilik maak. Ook die Afrikaner-Rooivalkhelikopters is na die DRK gevlieg in Russiese vragvliegtuie.

Met ‘n Afrikanerlogistiekelandbrug, militere mag en baie basisse in Suid-Afrika-Suidwes-Angola, sou groot dele van vandag se DRK, insluitend die hidro-elektriese Inga-damme, onder Pretoria-Nkandla se sorg, beskerming en beheer gewees het.

President Zuma (en die Suid-Afrikaanse Staat) moet in die DRK veg om Inga III (2 500MW na SA) en Groot Inga (tussen 10 000 en 20 000MW na SA) moontlik te maak.

Die Zoeloe-regime se promosie van Inga III en Groot Inga is intelligent, net soos die Afrikanerregime se strategiese ondersteuning van Cahora Bassa was, maar Inga is nog belangriker as Cahora Bassa.

Egipte was aanvanklik die ankerklient vir Groot Inga, wat uiteindelik 40 000MW moet lewer om die Groot Inga hidro-damwal koste-effektief te maak.

Egipte se ekonomie is nou egter vernietig. Inga III en Groot Inga se ankerklient is nou gewis Suid- en Suider-Afrika.

Daarom het President Zuma weereens persoonlik ooreekomste met die DRK oor Inga gedryf en geteken. En President Zuma voeg die daad by die woord, en probeer die DRK stabiliseer met die mees moderne Afrikanerwapentuig en weermagdoktrines. Soos destyds in Angola, sal Suid-Afrika se militere stryd in die DRK en omstreke (insluitend Angola) eskaleer, en ook al hoe meer werk vir Afrikanerkundigheid skep.

Die kans dat die Zoeloe-regime van Pretoria-Nkandla gaan slaag om Suid-Afrika as soewereine superstaat te laat oorleef is, is min of meer so groot of klein soos die van die Afrikaner-regime in 1975.

Belangriker is die feit dat die Zoeloe-regime probeer, al is dit deur ook broederskap met Joseph Kabila in Kinshasa te bewys, wat aandui dat tradisionele Zoeloes polities-intelligent in die 21ste eeu van globale imperium is. Meer as meeste van vandag se nie-tradisionele Afrikaners.

Dit is positiewe patriotiese nuus, nie net vir President Zuma nie, maar ook vir tradisionele Afrikanernasionaliste.

Hef aan le voor, met oorlog en ekonomiese swaarkry. Afrika vir die imperialis! Of niks.

M. Jacobs

27 thoughts on “Goeie nuus vir die patriotiese president”

  1. Dit is ook interessant hoe ZA al meer na BRICS kyk.
    Die bande met ZA se tradisionele handelsvennote word (doelbewus?) in die wiele gery. http://www.bdlive.co.za/business/trade/2013/10/28/sa-annuls-bilateral-investment-treaty-with-germany

    Europa is tradisioneel een van ons groot landbou uitvoermarkte en dit is die ANC besig om te vernietig. Die stakings is besig om ander uitvoergeleenthede te vernietig (BMW is reeds knorrig). Die ekonomiese oorlog teen ZA en aandadigheid van die huidige regering gaan maak dat ZA soos die res van afrika ook van aalmoese gaan leef. Die laaste bietjie industrie wat nog oor is, (en gebou is met blanke hande) is vinnig besig om tot niet te gaan.

    1. Nie doelbewus nie. Na die einde van die 1975 oorlog in Suider-Afrika wat Suid-Afrika polities verloor het, het China noodwendig ‘n ekonomiese wenner geword, en sy belange in Suider-Afrika verder uitgebrei. China het Zuma se SA tot BRICS genooi. Zuma was Voorsitter van bilaterale SA-China handelskommissie. Terloops, ons grootste mark moet Suider-Afrika wees, nie Europa nie. Dit sou so gewees het as Afrikaner SA die Suider-Afrikaanse oorlog in 1975 gewen het deur Luanda betyds te bereik.

      1. As jy ten gunste is van die BRICS onderneming dan is ek saam met jou. Geopolities maak dit baie sin maar in 1975 is ons in die rug gesteek deur die Empire en die Weste omrede ons kwaai mededingend sou word met nie-Afrika lande. Watter waarborge het ons hierdie keer.

        1. Ja, SA geleide konfederasie van Suider-Afrika sou soewereine supermoondheid geword het gewis, en dit is daardie tyd al geweet. Eintlik al sedert Cecil John Rhodes was dit bekend. Natuurlik het die Weste-VSA ons in 1975 “in die rug gesteek”, deur middel van Fidel Castro en Kuba nogal, en ter wile van China se steun teen die USSR. Nou is Rusland aan China se kant, en China het SA by BRICS gevoeg. Verwoerd sou ten gunste van BRICS gewees het, en PW ook. Waarborge hierdie keer? Ek waarborg jou dat China dit baie moeilik gaan regkry om Suider-Afrika te integreer, en dat dit ten minste 50 jaar gaan vat.

  2. SA het net ‘n gêk
    gemaak van hom en alles bykans verloor. Die winste gemaak is nie in ons sakke nie. Baie van ons jongmanne is egter in sakke huis toe gestuur. Om wat gelyk te maak? So ‘n groot gek PW het met sy amptelike gewaad, en stok siel
    alleen, ons in stof en diesel reuke in gewag toe ons uit Angola moes pad gee omrede ons sogenaamde
    vennote ons in die rug gesteek het. SA word tans deur konsultante (spioene) en
    vakbonde oënskynlike vernietig met die Regering se instemming. Nog ‘n oorlog? Wat gemaak met
    die miljoene jong mense sonder werk en hoop. Diensplig blyk die politieke
    oplossing te wees om die politieke/militêre ambisies (Nasionaal en
    Internasionaal) te bevredig. As die Boeremag vryheidsvegters wil word sal dit
    die beste tyd wees om SA te destabiliseer. Note: Even though they fought as
    allies during World War II, there was always a tense relationship between the
    USA and USSR. The end of the war brought about a sense of mutual distrust and
    enmity. SA het alles verloor deur ‘n simpel handlanger te wees vir die
    imperialiste en hulle se belange.

      1. Met daardie oorlog wat in 1975 begin het, het hulle Afrikaner-SA probeer red. Nou moet die ANC dieselfde streeksintegrasieoorlog voer om SA as streeksmoondheid en soewereine staat te red. Die geopolitieke- en streeksekonomiese realiteite, sowel as mahsvakuum is nog steeds dieselfde.

        1. Meet julle menings aan die feit dat Sjina
          reeds deur grondbesit geinfitreer is in elke Afrika land/staat en besig met
          groot infrastruktuur daarstelling. Dit maak die renaissance van Europa hoewel
          nog in sy kinderskoene dalk n goeie/beter proposisie, natuurlik met Britanje en
          sy doelstellings uitgesluit op hierdie stadium.

    1. M Jacobs is Madelyn Jacobs. Dink dit was ‘n berig, want gister in die koerante is ook berig oor Zuma se besoek aan broeder Kabila en hulle ondertekening van die Groot Inga projek. Groot Inga is GROOT. Dit koppel die DRK met Suid-Afrika in een politieke staat en ekonomie, so ook als tussenin. Dus nou as die SANW genoeg Afrikaner Rooivalkhelikopters in die Kongo kan ontplooi en bedryf.

  3. In belang van die be-oogde super streek
    moondheid in Suidelike Afrika is dit van kardinale belang om SA te speen van
    Britse en Westerlike onderworping/mag en eerder te kyk na hoe BRICS en Poetin ons
    selfversorgend kan maak tov van kernkrag, voedsel en water. Dit was juis hierdie
    Britte en die Weste wat ons in die rug gesteek het toe ons dit in 1975 wou doen
    deur Suidelike Afrika saam te snoer in ‘n ekonomiese/politieke mag om mee
    rekening te hou sonder die hiel van die Empire op ons nek.

    1. Stem saam. Zoeloe Pres Zuma stem ook saam met ons, en werk daaraan. Waar Afrikanerstaat probeer maar gefaal het, probeer tradisionele Zoeloes nou. Die plaaslike geopolitieke streeksimperatief is presies dieselfde toe en nou vir Suid-Afrika: word ‘n soewereine superstreek-Staat, of verloor die mag, welvaart en Suid-Afrikaanse Staat. Afrikanergeskiedeniseksperts met ondervinding en instink kan Zoeloe-maghebbers adviseer. Afrikaners as politieke groep kan nou slegs mag vermeerder en oorlewing bevorder deur middel van die Zoeloe-regime, wat nie meer 100% die ou ANC is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae