
Die Britse eerste minister, David Cameron sê sy regering kan koerante dwing om nie verdere onthullings te publiseer van die voortvlugtige Amerikaanse inligtingskontrakteur, Edward Snowden nie.
Hy het ‘n dringende beroep op die media gedoen om “goeie oordeel” te gebruik.
Cameron het gewaarsku dat as koerante dit nie op hul eie doen nie, die regering kan ingryp.
Kennisgewings is reeds aan redakteurs uitgestuur waarin hulle versoek word om nie berigte oor sekere onderwerpe uit te saai nie omdat dit nasionale veiligheid sou bedreig.
Hier is ‘n pragtige fotoreeks van Britte se reaksie op Cameron.

Yip – dis hoe dit gaan in Sosialistiese en Marxistiese lande. Kyk maar ons eie Prezzie, die agbare Zumparra783 wat “patriotiese” artikels wil sien. Sou dit nou wees soos die patriotiese artikels oor die Noord Koreaanse leierskap, die Castro’s, Stalin?
Brittanje het maar ‘n stigma oor menseregte vergrype. Dink maar ‘n bietjie terug aan die konsentrasiekampe. Dis seker waar Zuma van die muilband-wet leer.
In ‘n ander nuusberig word daar gesê dat Cameron blykbaar ook gesê het dat Brittanje vryheid van spraak het. Cameron se logika loop dus so: Julle is vry om te sê wat julle wil, maar as julle sê wat ons nie wil hoor nie, sal ons julle sensor. Ek wonder wat Cameron bedoel met “vryheid van spraak.” Regte Orwelliaanse Newspeak hierdie.
Die aanbreek van die NWO, of sal ek liewer se dat dit net nog n stap nader is….
Moet nie die waarheid praat as die krimineel sleg lyk daardeur nie….. Brittanje is volksmoordenaars..SKREEU DIT VAN DIE DAKKE AF…….
Hoekom gee niemand om nie, net vier reaksies, terwyl ander – in my oe – minder belangrike artikels meestal 300+ reaksies vol met gemorspos en persoonlike aanvalle staan? Wat David Cameron se kan gevaarlik wees vir die res van die wereld. Wat as ander lande inspirasie hieruit haal? En niemand lees dit?
Komaan, moet nie soos ‘n screeming queen tekere gaan nie. Gedra jouself! Moet net nie hier ook ‘n vloermoer kom gooi nie. Alles is nou net mooi rustig en onder beheer. Hou jouself besig en gaan soek daardie foto van die liberaliste tussen die EFF gespuis. Of is dit weer oop mondjie, hier kom die vliegtuigie, njummm!
Alles is mooi rustig en onder beheer? Genoeg artikels waar ‘n dronk matroos willekeurige bybeltekste of persoonlike aanvalle rondstrooi en waar almal die trol(le) weer kos gee. Maar artikels wat saak maak – soos hierdie een in my mening – word volledig geignoreer.
En nee, dit was alweer 20 jaar gelede dat ek oop mondjie, hier kom die vliegtuigie nodig gehad het :).
Jy gaan so tekere seker vir jou eie belang! Hoekom lees jy dan daar wat jou ‘n aar laat bars?
As jy gespeen is van die Purity en oop mondjie, hier kom die vliegtuigie effek, is die doek darem nog droog, en die nappy liner?
NS. Jou mannetjie lyk khak met alle respek gese!