Die vraag is waarom dit bykans 20 jaar vanaf 1994 geneem het vir die regering om te besef dat die vermorsing van geld op luukse ministershuise en op kredietkaarte die verkeerde boodskap aan die publiek stuur en nie bekostigbaar is nie.
Die VF Plus verwelkom wel hierdie besparingsmaatreëls en beperkinge op luukse staatsuitgawes wat minister Pravin Gordhan as deel van sy mediumtermynbegrotingsrede aangekondig het.
Die redes vir die strenger maatreëls is die verminderde belastinginkomste wat die staat ontvang het en beslis die naderende verkiesing.
Die afgelope 19 jaar het die regering daaraan gewoond geraak dat die belastinginkomste elke jaar meer is as wat voorspel is. Die minister van Finansies het nou aangekondig dat minder belasting as wat verwag is, ingevorder is. Waar die mynbousektor in die verlede tot R22 miljard ingebring het, het dit vanjaar slegs ongeveer R12 miljard ingebring. Die mynstakings doen die ekonomie en die belastinginkomste dus baie skade.
Die voorgestelde besparingsmaatreëls, soos minder luukse behuising en verversings, sal nie soveel belastinggeld spaar nie as wat dit ‘n sterk boodskap na buite stuur oor die krisis waarin die ekonomie en die staatsfinansies hulle bevind. Selfsugtige vakbonde wat slegs aan hulle eie lede dink deur tot 60% verhogings te eis, is van die ernstigste Suid-Afrikaanse ekonomiese probleme. As die regering nie gaan slaag om die groot tekort op die begroting vinnig te verminder nie, kan Suid-Afrika se kredietgraderings weer laer aangepas word.
“As adjunkminister maak ek nie gebruik van ‘n ministershuis in Kaapstad of in Pretoria nie en het ek ook nie ’n kredietkaart nie. Met die ampsmotor wat die departement in 2009 aangekoop het, is die riglyn van 50% gevolg en nie die ministeriële handboek se 70% nie,” het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus gesê.

Dit is verseker die beste begrotingsbeleid sedert die ANC bewind. Dit kan ‘n bietjie buitelandse vertroue herstel. Hulle sal beslis so ‘n bietjie gewig verloor, nie dat mens dit seker sal agterkom nie, maar tog.
Wat nou moet gebeur is dat daar na die tender prosesse gekyk moet word, aangesien dit nie gaan help hulle bespaar aan die een kant en vat dit aan die anderkant nie.
Goeie more Seg – ek stem !
Kon nog nooit verstaan waarom daar op die belastingbetaler se geld gevreet en gesuip moet word nie. O-ja, en selfs die DDM’s waarmee die spul die strate deel vir privaatdoeleindes !
… en natuurlik die families wat ook saam gevlieg word. Dis reg ook, vat weg daardie kredietkaarte wat vir alles betaal behalwe dit wat werklik nodig is !
More seg Trip en almal,
Ek glo egter nie hulle gaan hulle hierdeur laat afskrik nie. Hulle sal manier kry om dit te omseil en net van metodes verander. ‘n Skelm bly skelm.
Feit is hulle het al klaar ‘n ander gat geskep waardeur hulle deur die heining kan klim en stop hierdie een toe sodat hulle onverdiende regmerkies kan kry by jan publiek! Glo die bliksems NIE!!!!
Hoekom moet dit eers handuit ruk voordat die sweep begin klap? Ek wil nie pessimisties klink omdat soveel beloftes in die verlede gemaak is wat nie nagekom is nie, maar sal hierdie goeie voornemings hou? Ek hoop die politieke partye gaan ‘n skerp waghond wees teen die verbreking van die besparingsmaatreëls.
Koornhof van Cope het al klaar gesê dat die geen drank op gesellighed ‘n baie belaglike stelling is! Sy verweer is dus dat ons die beste wyne het. Hoe kan iemand so redeneer dit weet ek ook nie!
Die aankondiging is goeie nuus, te laat .
Watter maatreels gaan ingestel word om te verhoed dat hulle dit in elkgeval gaan misbruik?
Die staat kan nog dubble soveel bespaar, stop al die groot etes en jaar-eind funksies
Eric ek glo daar is tyd en plek vir alles, ook vir funksies, indien dit verdien word en dan binne perke. Stem ook saam die groot etes is onnodig, indien daar etes bedien moet word is dit nie nodig om oorboord te gaan soos wat hulle tans doen nie.
Jip, jy is reg, Seg
Die enigste manier om dit te kan beheer is om dit te stop, in sy voetspore en dan weer van vooraf te begin.
Ek was n paar jaar gelede in n hofsaak betrokke en die saak was aanhoudend uitgestel, 2 jaar. Ek het die landros gevra waarom? en sy antwoord was:” Meneer, die stat spandeer R11 MILJOEN aan dinees en etes mar daar is nie geld om my hof se bandopnemer reg te maak nie.”
en dit was 6 jaar gelede.
skuus, STTAT nie stat nie.
goeie hieeeeemel my vingers te vinnig vir my brein!
STAAT
Wha ha ha ha!!!! en toe raak hemel sommer hieeemel Eric!!
RVAJ nu dink jy seker ek is dicoleksies ook fffffmmmmG
Wha ha ha ha!!! Dink jou vingers ly aan skok van nou die aand se dinge! kostelik
Mens moet eie brieke he om soos jy te dink – jy ken mos die storie van gee die pinkie en gryp hulle die hele hand. Goue middeweg bestaan nie in daardie kultuur nie.
Mense in sulke hoë posisies is in elk geval veronderstel om die verstand te hê om nie oorboord te gaan nie. Hulle moet hulle eie spandering kan onderbeheer hou. Wys maar net wie is baas gemaak.
Daar is mense-groepe wat eeue lank al roofbou
ten opsigte van landbou toepas.
Volgens HAT is roofbou: oorbewerking, uitputting van land- of tuinbougrond, bewerking van grond sonder om dit weer op te
bou, verarming, uitputting van grond deur onoordeelkundige verbouing.
Ek het gesoek maar kon nie ‘n toepaslike term (soos roofbou by landbou ) kry
vir die plundering van ‘n land se ekonomie nie…. dit sou heel gepas wees vir
die huidige regering se manier van landsbestuur.
Maklik ANC – Afrika Nasionale Corruption
Roofbou. = daar waar hulle trap groei die gras nooit weer nie.