praag.co.za

Sewe vas vir veediefstal

Written by

in

,

veediefstalDie polisie in KwaZulu-Natal het minstens sewe verdagtes in hegtenis geneem wat in besit betrap is van vee wat vermoedelik op Vryheid in die noorde van die provinsie gesteel is.

Die verdagtes is tydens ‘n polisie-padblokkade aangekeer. ‘n Polisiewoordvoerder, Thulani Zwane, sê minstens 57 stuks vee is teruggekry.

Hy sê dit is moelik om van die vee te identifiseer omdat hulle nie gebrandmerk is nie.

Hy het ‘n beroep op vee-eienaars gedoen om met die veediefstaleenheid op Vryheid in verbinding te tree, sodat hulle die beeste wat by die eenheid geskut word, kan probeer identifiseer. – Sapa

Comments

One response to “Sewe vas vir veediefstal”

  1. Willy Avatar
    Willy

    Baie goeie nuus maar daar is nog baie veediewe aan die kom van Lesotho se kant af want daardie grensdraad, soos die res van die land, is in ‘n haglike toestand.

Leave a Reply