Ek wil my skool loopbaan oorhê sodat ek van vooraf geprogrammeer kan word vir die lewe. Duidelik het ek die verkeerde waardesisteem geleer. Hierdie een pas my beslis nie en word ek net misdaadvoer vir my medelandsburgers.
Ek wil op skool leer dat as een ’n toets deurkom moet almal deurkom. Ek wil net skoolgaan as ek so voel en my woede teen die lewe uitleef deur die skool van tyd tot tyd af te breek. Ek wil my maatjies se goed vat as hulle nie kyk nie, sonder enige skuldgevoel. Ek wil leer leef vir nóú. As iets klaar is, wil ek wag tot dit op is voordat ek begin plan maak om dit aan te vul. Ek wil leer dat ander vir my moet sorg met toelaes en dat die simpel mense wat werk gereël besteel en beledig moet word, want dis hul verdiende loon.
As jy tot prefek verkies word, beteken dit dat almal hul toebroodjies vir jou moet gee, jy tol by die hek kan vra en verdere betaling van ‘n toepaslike fooitjie om toetsresultate aan te pas. Ek wil leer roof en moor sonder omgee, ek wil leer dat mens tonne geld kan maak sonder om daarvoor te werk en bowenal wil ek leer dat partylojaliteit alle misstappe vergewe.
Ek wil leer dat ras die nuwe godsdiens is en dat vergifnis vir misstappe was rasgemotiveerd mag wees, nie sommer gebeur nie. Ydellike gebruik van sekere woorde is strafbaar in die hoogste hof maar Godslaster val op die vlak van rommelstrooi.
Kortom, ek is nog nie reg geprogrammeer vir hierdie land nie.
Groete,
Sagmoedige Lukas

Sagmoedige Lukas dan is jy mos vanaf 1994 in die regte land vriend. Dinge gebeur soos wat jy wik hê, jy moet net by die stroom inval.
When in Rome do as the Romans do
Of soos ‘n vriend van my sê:” When in Rome, do like the Romanians” 🙂
Ja, Rooikop ek en die “Inglies tale” is nie sulke groot maats nie. Sal maar in die vervolg by my eie “tale” bly
Uitstekend gestel!!
Goeie môre sagmoedige Lukas !
Dankie vir hierdie kort, maar kragtige boodskap sopas uitgedra. Jy het my met ‘n glimlag gelaat (baie dankie) – ek het lekker gelees en ek stem saam met jou !
Vanoggend op JacarandaFM (5 calls says it all) – RESPEK ! Dit was na aanleiding waar ‘n kind, ‘n onderwyser met ‘n besem toegetakel het.
Ek stem 100% saam met ‘n persoon wat ingeskakel het – jy kan slegs iemand respekteer as jy vir jouself respek het ! O-ja, respek moet natuurlik verdien word ook.
***
“Ek wil leer dat ras die nuwe godsdiens is en dat vergifnis vir misstappe was rasgemotiveerd mag wees, nie sommer gebeur nie. Ydellike gebruik van sekere woorde is strafbaar in die hoogste hof maar Godslaster val op die vlak van rommelstrooi.”
Sagmoedige Lukas, jou gene en DNA is nie so geprogrammeer nie so jy en ek en menigte wat waardes het sal altyd soos vreemdelinge wees teen dit wat jy in jou baie goeie en insiggewende berig noem.
Ja, ek sê altyd, respek word verdien en nie afgedwing nie.
Willie jy slaan spyker op die kop ivm DNA!!!!!
Het die volgende uit Die Republikein “ge-copy en paste”. As ek dit reg verstaan wil die klomp Namibiese geelbekke nog my taal ook steel!!!
“Bennie Pietersen van
The Namibian Khoisan Renaissance Movement skryf:
Die meningstuk van dr. Herman Beyer van die Universiteit van Namibië (Unam) se
vakgroep Afrikaans in Republikein se Vrydagrubriek op 30 Agustus 2013 is ‘n
absolute verdraaiïng van die waarheid t.o.v. die oorsprong en benaming van
Afrikaans.
Ons weet dat Afrikaans eers bekend gestaan het as “Kombuis-Hollands”
omdat dit aanskou was as ‘n gebroke vorm van Nederlands en omdat dit trouens
deur die Khoisan-slawe gebesig was. Alhoewel die taal Afrika as stamwoord
bevat, is dit nie daarom dat die taal so vernoem is nie. Dit kom van die
verwante woord Afrikaner wat gedui het op die kleurling as “bruin
Afrikaner” en die Khoe-khoe/Nama-Afrikaners as stam. Daarom is daar ook
die van Afrikaner, soos die van Oude Ram Afrikaner, Jager Afrikaner, Jan Jonker
Afrikaner, Klaas Afrikaner en Christiaan Afrikaner, wat gedugte en welbekende
Khoisan-leiers was. Dit het derhalwe ook bekend gestaan as
“Afrikaner-Hollands” – die Hollands van die Afrikaners, met verwysing
na die khoe-Khoe (Khoi) stam en -van.
Afrikaans bevat daarom ook ‘n aansienlike en noemenswaardige hoeveelheid ryk
Khoisan-woordeskat en Maleier-woorde wat baie onlangs in die Afrikaanse
Woordelys- en Spelreëls begin opneem is. Dit toon groot ooreenkomste met
Khoisan-tale en -woorde. En dis die hoofsaaklike rede hoekom die taal as eie
begin ontwikkel het met die Khoisan- en Maleier-slawe.
Ander het doodeenvoudig die taal gesteel, geannekseer en gestandaardiseer omdat
hulle die militêre, politieke en ekonomiese mag gehad het.
Afrikaans het deur die jare heen die algemene spreektaal van die Kleurling en
Baster (‘n wegbreek-kleurlinggroep wat verder met Duitsers en Nama kinders
gehad het), en in ‘n minderheid Khoe-khoe-stamme, gebly. Hier moet onthou word
dat die Kleurling ook die nasate is van Hollandse inkomelinge asook Maleier- en
Khoisan-slawe. Almal het wel ‘n bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaans
gemaak, maar dit is in der waarheid ‘n Khoisan-taal wat deur die Khoisan
ontwikkel is in die Kaap. Dit is nie ‘n Europese taal nie, alhoewel dit
Germaanse elemente bevat. Niks is nuut nie.
Dr. Herman Beyer reageer:
Natuurlik is dit onmoontlik om selfs ‘n oorsig oor die ontstaan van Afrikaans
in “Ons Taal” (of hier) te gee. Ek het gewoon aangetoon dat Afrikaans
morfologies sy naam van Afrika kry en minstens in dié opsig ‘n Afrika-taal is.
Afrikaans is lank voor die koloniale era deur die Basters, Oorlams en Namas die
huidige Namibië binnegebring. Toe die eerste wit setlaars in beduidende getalle
hier aangekom het, was Afrikaans reeds gevestig. Die ryke Khoisan- en
Maleier-invloed op die Afrikaanse woordeskat én grammatika is onbetwisbaar. Ook
in dié opsig is Afrikaans Afrikataal. Tot sover is niks nuut nie, om Bennie
Pietersen se woorde te gebruik.
Met die res van Pietersen se argumentasie kan ek egter moeiliker saamstem. Ek
reageer puntsgewys:
1. Afrikaans het sedert 1652 uit ‘n kulturele mengelmoes aan die Kaap ontstaan;
geen enkele spesifieke groep kan eksklusiewe eienaarskap van Afrikaans opeis
nie.
2. Dis ‘n bewese feit dat Afrikaans ook as “Afrikaans-Hollands” bekendgestaan
het, benewens ander name.
3. Die Khoisan- en Maleierwoordeskat is nie die basis van die Afrikaanse
woordeskat nie. Bestudeer vandag se Republikein of Jonker Afrikaner se briewe
in die Nasionale Argief: tot 95% van die woordeskatelemente is uit Nederlands
geërf.
Die historiese basis van die Afrikaanse woordeskat en grammatika is Nederlands,
en daarom Germaans. As Pietersen korrek was dat Afrikaans ‘n Khoisantaal met
Germaanse elemente is, sou Afrikaanssprekendes en Khoekhoegowabsprekendes
mekaar gemaklik verstaan het.
4. Niemand het Afrikaans aanvanklik “ontwikkel” nie. Verskillende variëteite
het uiteindelik spontaan onder wisselende Khoi-invloed uitgesprei.
Taalnasionalisme het heelwat later gevolg.
5. Die histories-taalkundig onmoontlike idee dat diegene met die mag Afrikaans
“gesteel” en “geannekseer” het, is om minstens twee redes absurd:
a) ‘n Taal is nie ‘n stoflike besitting wat gekoop, gesteel of geannekseer kan
word nie. Is diegene van wie die taal dan “gesteel” sou wees sonder die taal
gelaat?
b) Is daar in die geskiedenis enige voorbeeld waar diegene met die mag
doelbewus ‘n mindere of onderdrukte groep se taal sou wou oorneem? Dit sou
alles wat ons as kolonialisties beskou, weerspreek.
Ons kan mekaar toegooi onder voorbeelde uit Afrika alleen wat eerder presies
die teendeel bewys.” – Die Republikein
Ag ja en die arme korrelkoppe met stertrieme het nie eers skrif gehad of die wiel nie, en nou het hulle sommer ‘n taal gestandariseer. Dankie Wannie Carstens en die ATR. Agterlike Trut Reformiste wat so saamwerk met die NWO in Nederland vir nog nog ‘n Pretoria Bom. Hierdie keer gaan hulle ‘n kultuurbom plant lyk dit my. Hulle moet net pasop dat die poef nie op hulle spat nie. As ons begin geld insamel om die Afrikaanses daar by hulle af te laai, sal hulle weer dink
Liewe Sagmoedige Lukas.
Ek stem heelhartig saam. Ons beweerde samelewing verander ons denke elke dag ‘n fraksie sodat hierdie manier van doen vir ons normaal en aanvaarbaar word. Mag dit nooit heeltemal gebeur nie (meng-jou-met-die-semels-tipe-ding).
Die snoepie gaan natuurlik ‘n fees wees! Freebies vir almal, gesubsidieer deur die Onderwys Departement.
Ja nee. Dankie tog vir C.V.O. Skole!
Dankie tog vir C.V.O. Skole!
Gelukkig kan ek kies om my nie soos die volk te gedra nie.