Vavi geskors as Cosatu-hoofsekretaris

vavi4Zwelinzima Vavi, wat nie self teenwoordig was toe die besluit deur die sentrale uitvoerende komitee geneem is nie, is geskors as hoofsekretaris van Cosatu.

Hy sal aangekla word daarvan dat hy die federasie se naam in oneer gebring het.

‘n Spesiale vergadering is belê in die raadsaal van Cosatu-huis in Johannesburg om die kwessie van Vavi se buite-egtelike verhouding wat op die lappe gekom het, te bespreek.

Die verdeeldheid onder die komiteelede was reeds voor die vergadering duidelik, en Vavi se vyande kon hom danksy ’n klein meerderheid uitknikker.

Bheki Ntshali-Ntshali, adjunk-hoofsekretaris, sal in die amp waarneem totdat Vavi tugverhoor afgehandel is.

Sdumo Dlamini, president van Cosatu en enigste woordvoerder, het nog geen verklaring oor die skorsing uitgereik nie.

Die metaalwerkersvakbond Numsa het intussen gedreig om uit Cosatu te tree as Vavi geskors word. Hulle sal vandag vergader om die skorsing van die sekretaris-generaal te bespreek.

Die vakbond is die grootste in die Cosatu-federasie en het vroeër probeer om Woensdag se Spesiale Sentrale Uitvoerende Komiteevergadering te keer waartydens Vavi geskors is.

Numsa se sekretaris-generaal Irvin Jim, het bevestig dat Vavi geskors is, hoewel Cosatu dit eers later glo amptelik sal bevestig.

Jim sê Numsa is steeds van mening dat die vergadering ongrondwetlik was.

5 thoughts on “Vavi geskors as Cosatu-hoofsekretaris”

  1. Zuma moes dan ook geskors gewees het met sy buite egtelike verhouding. ANC is mos presies dieselfde organisasie as Cosatu. Ou Nguni het toe met die spoed van wit lig na adv Kemp J Kemp gehardloop om hom los te kry van ‘n verkragtingsaak.

  2. Wonder wie in die regering is ook van verkragtingsaak aangekla, maar het niks oorgekom nie? Is ‘n bigamis of veelwywery en daar word ook niks aan gedoen nie? Gee julle drie raai skote. Hier is ‘n leidraad. Staan aan die hoof van een of ander reënboog nasie waarvan wit nie in voorkom nie.

Maak 'n opvolg-bydrae