praag.co.za

Die hoofstroommedia se Zimbabwiese gehuigel

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Die skynheiligheid van die linksverkramptes sal nooit ophou om my te verstom nie. ‘n Linksverkrampte, of is dit ‘n libgestremde, is iemand wat in sy lelieblanke voorstad sit, agter tienvoetmure om die swartes uit te hou; iemand wie se kinders spierwit Model C- of privaatskole bywoon, maar dan geen teenstrydigheid daarin sien om te huigel oor hoe rassisties ander blankes glo is nie.

Dit kom eenvoudig nie by die linksverkrampte op dat mens bloot hoef te kyk na sy eie optrede nie – na sy blanke eggenoot, sy kinders se blanke skool, sy blanke buurt – om te sien hoe belaglik skynheilig  en teenstrydig die woorde is wat uit sy mond stroom nie. Hy sal tipies ‘n akademiese pos beklee, befonds deur blanke belastingbetalers, maar dan hoog en laag sweer dat regstellende aksie nie so erg is nie, sonder om in te sien dat, as hy sy gehuigel vir een oomblik geglo het, hy onmiddellik ten gunste van ‘n RA-lektor sou bedank het .

Wys jy hierdie skynheiligheid aan ‘n linksverkrampte uit, reduseer jy hom dadelik tot ‘n staat van huilerige paniek, oorlaai jy sy klein breintjie, en is al reaksie waarmee hy vorendag kan kom, een van die flouerige geskree van sy gunstelingvloekwoord: “Rassis!”

Teen bostaande agtergrond is ek nietemin steeds geamuseerd deur die gehuigel van die linkse media (en is daar enige ander tipe hoofstroommedia  in Suid-Afrika as die linkse soort?) oor die Zimbabwiese verkiesing. Allister Sparks, ‘n voormalige redakteur van die Rand Daily Mail, is in vandag se Business Day buite homself van vertontwaardiging oor hoe Mugabe die Zimbabwiese verkiesing gaan kook.

Sparks borrel van linkse vertontwaardiging omdat president Zuma nie vir Mugabe op sy plek gesit het nie. Hy is kwaad oor Mugabe se minagting vir Lindiwe Zulu, Zuma se gesant aan Zimbabwe. Hy wonder hoe dit kan wees dat daar 127-jarige kiesers op die kieserslys kan wees.

Die Rand Daily Mail, Sparks se vorige koerant, was egter destyds een van die voorste agitators vir swart regerings in Suider-Afrika. Die koerant se bewondering vir al wat Brits was, en sy minagting vir Afrikaners, was eweneens duidelik. Naas verloorders soos Mad Max du Preez se linkse propagandablad, die Vrye Weekblad, het die Rand Daily Mail hom onophoudelik beywer vir die kommunistiese oorname van die ganse Suider-Afrika. Saam met die Britse poniepers was die einste Rand Daily Mail in ekstase toe Ian Smith se regering deur die Britte uitverkoop is tydens die Lancaster House-onderhandelings. Het die Rand Daily Mail nie in 1985 toegemaak nie, sou sy klakkelose lofsingery oor die marxisitiese oorname in Suid-Afrika van 1994, ongetwyfeld die meeste blankes na hul Valoid-pille laat gryp het.

Nes die linksgestremde in sy lelieblanke buurt nie die teenstrydigheid van sy woorde met sy optrede insien nie, is die ironie van Sparks se eie tirade in Business Day, blykbaar totaal en al op hom verlore. As iemand vóór die eerste verkiesing in 1980 vir Sparks gewaarsku het om bloot na die res van Afrika te kyk, en voorspel het presies wat in Zimbabwe en Suid-Afrika sou gebeur onder ‘n regering wat sy oorsprong had in ‘n terreurbeweging, het Sparks ongetwyfeld ook ‘n ewe skril redaksionele stuk geskryf as sy stuk van vandag, en diegene wat die waarheid en feite oor Afrika-regerings durf opper het, as rassiste en doemprofete uitgekryt.

Vandag, 33 jaar later, probeer Sparks, Mad Max en kie egter maak asof hulle glad nie gewaarsku is oor wat sou plaasvind in Zimbabwe of Suid-Afrika nie. Hulle skryf hoogheilige stukke wat presies dít waarvoor hulle hul beywer het, probeer veroordeel.

Nee wat, menere Sparks, Du Preez en die res van die linkse gespuis in die hoofstroommedia se redaksies. Mugabe, Zuma en die res is julle eie maaksels. Julle is gewaarsku, maar het die realiste destyds as rassiste en regses doodgeskree. Vandag se handomkeer oortuig niemand nie.

Júlle het hierdie bed gemaak. Slaap nou daarin.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Comments

15 responses to “Die hoofstroommedia se Zimbabwiese gehuigel”

  1. gas Avatar
    gas

    Goed gepen!

  2. Tine Avatar
    Tine

    Presies dieselfde gaan hier in SA gebeur… as dit eers te laat is, want die linkse gespuis kwalifiseer altyd hul kritiek as nie “regs” nie

  3. De Juur Avatar
    De Juur

    Sien uit na die dag wanneer die geneties gestremde links-liberales se “dierbare barbaarse kroeskop aap-naastes” hulle omsingel en wreedaardig op strepe uitmoor, terwyl hulle al tjankende skreeu & smeek vir die “slegte rassistiese regses” om hulle te kom help. Sal daardie dag net met ‘n groot smile terug staan en lekker lag terwyl ek eers my springmielies eet…

    1. Arnieann Avatar
      Arnieann

      Hehehe !!!
      Ek gaan biltong eet terwyl ek “Popcorn” aan hulle uitdeel.

  4. Arnieann Avatar
    Arnieann

    En hulle weet dat hierdie dinge oor hulle geskryf word.
    En nie EEN van hulle het die “Guts” om hier hulle standpunt te kom stel nie.
    Die Sg. regses doen dit net waar hulle kan, as hulle skrywes nie in ‘n snippermandjie beland nie.
    ‘n Spul lafaards wat sekerlik met buitelandse paspoorte sit, sodat hulle van hulle maaksel kan vlug as die waaier meer as net skoon lug opklits.
    En daar heers ook nou ‘n besef onder hulle, dat hulle lieg stories gesneuwel het, want dit is nou oral op hulle eie media blogs te siene.
    Hulle vete teen Sunette Bridges het ook eier op hulle gesigte laat beland deur hulle eie waaier.
    Dit het nou tyd geword dat daar nie ‘n dag mag omgaan waarin Naspes verpes moet word nie.
    Hou net aan en aan en aan hiermee. Die liberales het nie genoeg van daardie Afrikaner/Boere “Magig” om staande te kan bly nie.
    Ons beurt is ons beurt.

  5. AsPatat Avatar
    AsPatat

    So stadig maar seker het Mad Max so 3 jaar terug begin om ‘n ander deuntjie te sing m.b.t. swart regerings. Hoe dom, blind en onnosel dink hulle regtig is ons? Jy is of VIR die Linkse papbroek-geslag en jy staan jou man. Solid (soos die Engelsman sal se). Of jy is ‘n papbroek en dobber soos ‘n roeiboot op die golwe van mense se smake en voorkeure. Baie goeie artikel.

  6. renier Avatar
    renier

    Goeie artikel Manfred. Ek dink naas Mike Smith is jy die beste! (en dis ‘n groot kompliment) Baie interesant aangaande die britte. Ons weet mos hul was altoos ons vyand gewees..??

  7. Etienne Prinsloo Avatar
    Etienne Prinsloo

    Selfs teen die onbetwisbare landskap van agteruitgang en weghol korrupsie besing die blanke liberale die ongekende suksesse van die ANC. Dit is veral in ‘n kerngroep blanke akademici (nie seker of sulke kortsigtigheid die term verdien nie, bygese) wat neersien op alles wat blank en Afrikaans is. Die enkel groot vraag is hoe hulle die toekoms sien onder ‘n totaal onbevoegde regering met ‘n sterk sentrale beleid van blanke haat en Marksisme. Dink hulle dat hierdie meelopery van hulle uitverkorenes gaan maak? Of is hulle so kortsigtig dat die werklikheid nou nog nie tot hulle deurgedring het nie? Wanneer hulle direk gekonfronteer word met hierdie tipe vrae val hulle op die standaard swart reaksie van rassisme as antwoord terug. Hulle is verhewe en jy is ‘n rassis. Die term rassisme het globaal tans dieselfde impak as wat ‘n arbeidsunie limaatskapkaart in die sewentigs in Engeland gehad het. Jy kan met enigiets wegkom. Die grootste probleem is dat die hele liberale trop al dekades daaraan werk om hulself en die wereld te oortuig dat swartes kwansuis nie rassisties is nie. Verder kry die liberale globaal al hoe meer traksie omdat hulle beleid die ongewaste massas soos ‘n handskoen pas. Die bietjie verontwaardiging wat soms teen hulle swart meesters gelig word is meestal van korte duur en nie konsekwent nie. Manfred dankie vir ‘n puik artikel.

  8. Liezel Avatar
    Liezel

    Ek is net dankbaar daar bestaan ‘n blad soos Praag, met mense soos julle wat dinge so reguit en reg skryf soos wat julle doen. Ek is lankal weg uit Suid Afrika, maar gee nog steeds om wat daar gebeur. Hoekom? Familie en vriende. Hier in Auckland was daar onlangs ‘n kerkdiens toe Nelson op sterwe le… Ek het op die TV nuus gesien hoe die Suid Afrikaners hier dit organiseer! Absolute toppunt van skynheiligheid!! Ek het dit regtig snaaks gevind. Die sielkunde hiervan, dag ek, is om nou vir almal om jou, veral die Nieu Seelanders, te wys hoe polities korrek jy is. Om voor saint Mandela te buig klap baie vliee sommer met een maklike slag! Mens moet mos die Suid Afrikaanse beeld probeer beter maak hier waar die Kiwis ons mos met skeptiese oe nog steeds aankyk. Maar die belangrikste daarvan is om seker te maak almal SIEN ons bid vir ons swart saint! Daai beeld wat uitgedra moet word is belangriker hoor! Ai foei tog, hoe pateties…. maar hier in een van die mees linkste lande in die wereld sal mense enige iets doen om in te pas… Daar is niks waarvoor ons moet banger wees in deesdae se wereld, as om as regs gesien te word nie – want dan is jy mos automaties rassisties and die skuim van die aarde. Jou Afrikaanse verlede is al klaar ‘n verleentheid wat bedek moet word. Ja, mense sal wragtig immigreer uit die land uit en dan maak asof Mandela wonderlik is en hulle is net hier vir die wonderlike “work opportunity in NZ I just had to take”. Ek verstaan as hulle so voorgee vir die Kiwis – maar dat hulle wragtig so voorgee voor ander Suid Afrikaners vat die koek!

    1. renier Avatar
      renier

      Wow Liezel ek is geskok!! Ek dag dan die mense wat Arzania verlaat doen dit omdat hulle moeg is vir die K4s en die misdaad? Hoe kan hul dan omdraai en nou links wil wees?? Maak nie sin nie. Ek is ERG teleurgesteld. Ek hoop daai klomp assholes waarvan jy praat lees hierdie…..WERFETTERS!!!!

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        98% van hierdie Expats stem vir die DA en dit is n feit!

        1. Mattewis Kat Avatar
          Mattewis Kat

          Dis presies so! Die libs is die eerstes wat land-uit vlug oor die “misdaad”. Ek het hulle self die een oomblik hier sien mense rondom die teetafel tug omrede hulle nie “sosiaal integreer” nie, en ‘n maand later op die vliegtuig oppad Auckland toe!

          Een laerskool oud-kennis het my in ‘n e-pos vertel hoe trots hy is op die “vordering” in SA gemaak, waarna ek hom geantwoord het met die vraag oor hoekom ek dan nog met my konserwatiewe agterstewe hier in SA sit, en hy nou Ozzie-bodem met syne besoedel? Hy kon immers tog hier gebly het om te deel in die puik “vordering”! Ek kon ongelukkig nie ‘n antwoord van hom kry nie!

          1. Riempies Avatar
            Riempies

            Matewis Kat – die opregte Afrikaners kom binne die
            eerste 2/3 jaar weer terug – die wat agterbly is die wat vir die DA stem dus ja vir ons beteken dit net minder ondergrawers hier plaaslik, en natuurlik sal die ANC/DA lite sorg dat hierdie agterbyers nogsteeds stemreg het.

            Ek sal nooit vergeet toe dr Pieter Mulder Australie toe is om vir ons te gaan stemme werf en toe tot sy skok moes uitvind dat
            hulle eweskynheilig hulle stemme beloof het vir die Vf+ party en toe agteraf vir die ANC/DA lite gestem het.

  9. renier Avatar
    renier

    Manfred jy beindruk met elke dag meer en meer. Hou so aan asb. (Hoe kan mens hierdie artikel, en soortgelykes, aan die groot klok hang??? Ek sou soooo graag wou…)

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Maak soos ek maak kopieer en plak op jou epos en stuur die net aan dit versprei self soos n veldbrand. Ek sit altyd die skakel ook by.

Leave a Reply