Die lyk van ‘n Duitse sakeman is in ‘n hotelkamer in Port Elizabeth gevind, is Vrydag berig.
Die 25-jarige man is Woensdag in ‘n plas bloed by die Garden Court-hotel gevind. Hy is keelaf gesny, berig Herald Online.
Die polisie op die toneel het gesê die man is vermoedelik naby die badkamer vermoor en het probeer om na die deur te stap vir hulp.
Kapt. Johan Rheeder het gesê die man is Dinsdag vir die laaste keer gesien.
“Iemand het hom kom aflaai en hy is alleen na sy kamer. Die volgende oggend het ‘n kollega die sekuriteit by die hotel gevra om te gaan kyk waar hy is, omdat niemand hom in die hande kan kry nie,” het Rheeder gesê.
Die hotelbestuurders het ‘n loper gebruik om die deur van die man se kamer oop te sluit.
Volgens die hotel se rekords en beeldmateriaal het niemand Dinsdagaand by die kamer ingegaan of uitgekom nie.
Die vrou wat die man afgelaai het, het gesê hy was nie homself nie.
Rheeder het aan Herald Online gesê indien bewyse gemene spel uitwys, sal die saak van ‘n geregtelike doodsondersoek na moord verander sal word.
