‘n Top ANC-LP is aangerand en bewusteloos gelaat in ‘n wrede huisaanval in Kaapstad, het die polisie gister gesê. Sue van der Merwe is gered deur haar seun wat die twee indringers by haar Rondebosch huis onderbreek het.
Sy is Vrydagaand net voor 21:00 aangeval , het die polisiewoordvoerder kapt. Frederick van Wyk gesê.
“Twee mans het haar aangerand en verwurg totdat sy haar bewussyn verloor het. Die verdagtes het gevlug toe haar seun by die huis kom.”
Van Wyk het gesê die boewe het in ‘n silwer Hyundai gevlug. Bankkaarte word uit die huis vermis. Hy kon nie sê hoe ernstig Van der Merwe beseer is nie.
Die 58-jarige LP het vir die Black Sash in Kaapstad tussen 1988-1991 gewerk. Sy het ‘n LP in 1996 geword en het gedien as adjunk-minister van buitelandse sake tussen 2004-2009. Sy was ‘n parlementêre raadgewer vir die president tussen 2001-2004. Volgens die nuutste polisiemisdaadstatistieke, is huisbrake en diefstal die mees algemene misdaad in die woonbuurt.
Tussen April 2011 en Maart 2012, is daar 350 inbrake, 321 diefstalle van motors en 429 ander diefstalle by die Rondebosch-polisiekantoor aangemeld.
