NW-premier geskok oor hondeteler se moord

Die premier van Noordwes, Thandi Modise, het haar skok uitgespreek oor die moord op ‘n bekende hondeteler buite Rustenburg.

Eric Labuschane is Donderdag dood in sy huis aangetref.

Sy bejaarde ma, wat aan Alzheimer se siekte ly, is gevind waar sy in die badkamer toegesluit was.

Modise het ‘n beroep op die polisie gedoen om geen steen onaangeroer te laat om die moordenaars vas te trek nie.

Sy het ook gesê boere moet ‘n doeltreffende kommunikasienetwerk hê om plaas-aanvalle te help voorkom.

Maak 'n opvolg-bydrae