Eskom verkoop 9% van sy totale krag onder kosprys aan BHP Billiton se twee aluminiumsmelters terwyl gewone verbruikers onder peperduur tariewe gebuk gaan, het Beeld berig.
BHP Billiton sal egter na ‘n hofbeslissing dié tot nog toe geheime tariewe moet bekend te maak.
Terwyl gewone mense sowat R1,40 per kilowatt-uur betaal, betaal BHP Billiton by sy Hillside-smelter by Richardsbaai net 22,65c per kilowatt-uur.
Die hoogs geheime formule wat Billiton by Hillside betaal vir twee derdes van die 1 200 megawatt wat dié smelter verbruik, is reeds in 1992 gesluit toe Eskom ‘n surplus elektrisiteit gehad het. Die kontrak strek tot 2028.
Die voorkeurtariewe vir Hillside en Billiton se tweede smelter, Mozal in Maputo, wys hoe die twee verliesmakende smelters aan die gang gehou word met die hoë elektrisiteitstariewe wat die res van die land se verbruikers – huishoudelike en nywerheidsverbruikers – vir krag betaal.
Lees hier verder.
