ANC veroordeel plaasmoord

Die premier van Noordwes, Thandi Modise, sê mense wat boere aanval moet permanent uit die gemeenskap verwyder word.

Sy het gereageer op die moord op die 64-jarige Johan Stiglingh op sy plaas by Ventersdorp die naweek. Stighling is buite sy huis op die plaas Sterkstroom vermoor en sy 64-jarige vrou, Cora aangeval en na bewering ook verkrag.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord, poging tot moord, huisroof en aanranding met die doel om ernstig te beseer en het reeds een persoon in hegtenis geneem.

Modise sê oortreders van geweld teen die boeregemeenskap, en veral bejaardes het geen plek in die gemeenskap nie. Sy het haar skok oor die voorval uitgespreek en ‘n beroep op inwoners gedoen om die polisie te help om die saak af te handel.

Maak 'n opvolg-bydrae