Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die skietdood van sy vriendin en sal na verwagting later Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn, berig Beeld.
Hy het omstreeks 04:00 sy vriendin van die afgelope jaar in sy huis in Silverwoods Country Estate, Pretoria doodgeskiet.
Hy het glo gedink sy is ‘n inbreker.
Kapt. Sarah Mcira van die polisie het bevestig Pistorius se vriendin is in die arm en die kop geskiet.
Sy het op die toneel dood gestref.
Die media word nie in die Silverwoods Country Estate toegelaat nie.
Die lykwa wat sy vriendin se lyk verwyder het, het omstreeks 08:30 uit die landgoed uitgery. Pistorius was nog op die toneel waar die polisie besig was om hom te ondervra. Hy is glo erg geskok.
