Iran, P5+1 vergader oor kernprogram in Kazakstan

Iran sal samesprekinge oor sy omstrede kernprogram op 26 Februarie in Kazakstan bywoon, het die land se kernonderhandelaar, Saeed Jalili, Dinsdag in ‘n verklaring bekend gemaak.

Die besluit is tydens ‘n telefoniese gesprek tussen Jalili en Catherine Ashton, die Europese Unie se buitelandse beleidshoof, geneem, volgens die Irna-nuusagentskap.

Ashton verteenwoordig die sogenaamde P5+1-groep wat die VSA, Rusland, China, Brittanje, Frankryk en Duitsland insluit.

Die verklaring het nie aangedui in watter stad die samesprekings gehou sal word nie.

Die Verenigde Nasies (VN) het verlede jaar verhoogde sanksies teen Iran ingestel weens sy kernprogram.

Iran hou egter vol dat dié program slegs vir vreedsame doeleindes bedryf word.

Die deelname is tydens ‘n telefoongesprek tussen die Europese Unie se adjunk-buitelandse beleidshoof Helga Schmid en die adjunk-sekretaris van Iran se Opper Nasionale Veiligheidsraad, Ali Baqeri, bespreek.

Die laaste ronde van die onderhandelinge tussen die twee partye is in Moskou gehou in Junie 2012.

Die Verenigde State van Amerika en Israel beskuldig Iran van miltêre doelwitte in sy kernenergieprogram.

Iran, as ‘n ondertekenaar van die Kernsperverdrag en ‘n lid van die Internasionale Atoomenergie Agentskap (IAEA), is geregtig om kerntegnologie vir vreedsame doeleindes te ontwikkel.

Daarbenewens het die IAEA talle inspeksies van Iran se kern fasiliteite uitgevoer, maar nog nooit enige bewyse gevind wat daarop dui dat die Iraanse kernprogram nie-burgerlike doelwitte nastreef nie.

 

лобановский александр игоревич

Maak 'n opvolg-bydrae