ANC verwelkom minimum loon

Die ANC het die nuwe minimum loonaankondiging vir plaaswerkers Dinsdag verwelkom.

“Hierdie nuwe aanbod sal baie help om te verseker dat armoede in die plaasgemeenskap uitgeroei word en dat sosio-ekonomiese toestande verbeter,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, gesê.

Mildred Oliphant, die minister van arbeid, het Maandag aangekondig dat die nuwe minimum loon vir plaaswerkers R105 per dag sal wees. Dit is 52% meer as die vorige minimum loon van R69 per dag. Die nuwe loon sal van 1 Maart in werking tree.

Die ANC is vol vertroue dat landbou- en voedselsekuriteit in die land verseker sal word deur sy grond-en landbouhervormingsbeleid, het Mthembu gesê.

Hy het egter sê die party is bekommerd oor die mate van geweld tydens die onlangse stakings deur plaaswerkers in die Wes-Kaap.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae