“Ons wil net ons seuns by die huis terughê. Hulle was gewone ouens, wat buitengewone werk in buitengewone omstandighede verrig het om vir hulle gesinne te voorsien.” So sê die gesinslede van die Suid-Afrikaners wat in Afghanistan dood is.
Die boodskap van die families van die agt Suid-Afrikaanse lugvaartkenners wat tydens ‘n selfmoordbomaanval in Afghanistan se hoofstad, Kaboel, gesneuwel het, was ontdaan van enige politieke inhoud.
Hoewel besonderhede van die dodelike ontploffing skraps is, het die agt – twee van wie getroud was – gou gestop vir brandstof. Die aanvaller, ‘n 20-jarige vrou, het met ‘n Toyota Corolla in die mans se minibus vasgery.
Die ontploffing het die minibus heeltemal vernietig en die Suid-Afrikaners se liggame is uitgeslinger. Altesaam 12 mense is dood in die aanval.
Die agt Suid-Afrikaners, wat vlieëniers, ingenieurs en ondersteuningspersoneel insluit, het vir Balmoral Central Contracts gewerk wat deur die firma CemAir gesubkontrakteer is.
Hy het gesê die identifisering van die liggame is uiters moeilik. “Ons is in die proses van die identifisering van liggame.”
Baie van die families van personeel in Afghanistan wag steeds in angs vir inligting oor hul geliefdes.
Sommige het kort boodskappe ontvang uit Afghanistan wat hulle in kennis stel dat hulle nog leef. Die mans kon nie praat nie per telefoon nie, want hul kommunikasies word gemonitor deur die VSA se militêre magte.
President Jacob Zuma het sy meegevoel aan die slagoffer se families oorgedra.
“Ek is diep bedroef deur die dood. Ons gedagtes en gebede is met die families van die oorledenes,” het hy gesê.
Die Amerikaanse ambassade het die voorval veroordeel, en die Amerikaanse ambassadeur Donald Gips het gesê: “Hierdie wrede aanval toon weer die insurgente het geen respek vir menslike lewens nie.
“Soos Hillary Clinton gesê het, is daar nooit ‘n regverdiging vir die gewelddadige optrede van hierdie aard nie.”
Nelson Kgwete, woordvoerder vir die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, het gesê konsulêre ondersteuning sal aan die slagoffers se families gebied word.
Die DA het politieke munt uit die voorval probeer slaan. Die party eis dat Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, die voorval gebruik om “demokrasie” in Afghanistan aan te moedig.
“Sy [die minister] behoort elke platform tot haar beskikking te gebruik om demokratiese instellings in Afghanistan aan te moedig,” het Ian Davidson, die DA se woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking, gesê.
Klaarblyklik is die DA se buitelandse woordvoerder nie bewus van wat die “demokratiese” rewolusies in die streek reeds vermag het om die hand van ekstremiste te sterk nie.
