Numsa-takvoorsitter geskiet

Twee ANC-takleiers is aan die KwaZulu-Natalse Suidkus doodgeskiet ná hulle ‘n vergadering bygewoon het.

Die ANC het die moord op die Oshabeni-tak se voorsitter, Dumisani Malunga, en sy sekretaris, Bheki Chiliza, ten sterkste veroordeel.

“Ons is baie bekommerd oor die moord op ons lede. Dit is onaanvaarbaar en sal nie geduld word nie,” het die ANC se provinsiale sekretaris, Sihle Zikalala, in ‘n verklaring gesê.

“Ons wil ons skok en afgryse oor die aanval uitspreek asook ons medelye teenoor die slagoffers se familie.”

Kapt. Thulani Zwane het bevestig dat die Mehlomnyama-polisie die moorde ondersoek en het bygevoeg dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Die metaalwerkersvakbond Numsa het die skietery ook veroordeel.

Chiliza was Numsa se voorsitter aan die Suidkus.

“Ons glo die moord op ons twee kamerade kan polities gemotiveerd wees,” het Numsa se streeksekretaris, Mbuso Ngubane, gesê.

“Ons is baie bekommerd dat politiese geskille nou met wapens opgelos moet word.”

топкарго отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae