Sommige betogers was in Israeliese vlae gedrapeer, en ander het ortodokse Joodse klere gedra vir die vreedsame betoging op Berlyn se Bebelplatz. Die plein is berug oor die boekverbrandings wat die Nazi’s daar gehou het.
Plakkate wat Duitsland beskuldig dat hulle weer terugkeer na die dae toe hulle ‘n “koloniale moondheid” was, is opgehou. Ander het gelees: “Voorhuid? Nee dankie!”
Na ‘n hof in Keulen verklaar het besnydenis is gelykstaande aan die doel om ernstig te beseer, het Joodse en Moslem-groepe kragte saamgesnoer vir die protes in Sentraal-Berlyn.
Die minister van buitelandse sake het sy kommer uitgespreek oor die verwikkeling.
“Ek is baie bekommerd oor hierdie debat. Dit sal nie verstaan word op enige manier buite ons land nie,” het Guido Westerwelle aan die Fokus-nuustydskrif gesê.
“Dit is heeltemal onbegryplik dat Joodse families in Duitsland dalk nie in staat sal wees om hul jong seuns te besny nie,” het die minister bygevoeg.
Diplomate erken dat die uitspraak “rampspoedig” vir Duitsland se internasionale beeld is, veral in die lig van sy Nazi-verlede, asook na aanleiding van oproer van godsdienstige en politieke leiers in Israel sowel as Moslemlande
Die leier van Duitsland se Joodse gemeenskap, Dieter Graumann, het in dieselfde publikasie gesê dit is “onhoudbaar” dat die Jode uitgebeeld word as “kinderfolteraars”.
En hy ondersteun sy voorganger as hoof van die Sentrale Raad van die Jode in Duitsland, Charlotte Knobloch, wat verlede week gesê het dat die Joodse lewe in Duitsland bevraagteken word vir die eerste keer sedert 1945.
“Ek kan haar gevoelens goed verstaan,” sê Graumann.
Woensdag, het die stad van Berlyn nuwe voorwaardes aan ouers wat hul seuns besny, gestel.
Albei ouers moet skriftelike toestemming gee nadat hulle in kennis gestel is van die risiko’s van die prosedure en bewys gelewer het van die “godsdienstige motivering en godsdienstige noodsaaklikheid van die besnydenis” voor die kind oud genoeg is om self die besluit te neem.
Berlyn se top-justisie-amptenaar, Thomas Heilmann, het gesê die nuwe beleid is bedoel om die regte van die Joodse en Moslem-ouers en hul kinders te beskerm.
Ongeveer vier miljoen Moslems en meer as 200,000 Jode woon in Duitsland.
