Onrus versper Tembisa-paaie

Betogers het Donderdagoggend die ingang na Klipfontein, Tembisa, versper, het die stad se metro-polisie gesê.

Supt. Wayne Minnaar sê die pad is sedert 06:00 met brandende buitebande versper.

“Motoriste word aangeraai om die gebiede te vermy…”

Dale- en Modderfonteinweg moet as alternatiewe roetes gebruik word.

Minnaar sê polisiebeamptes monitor die situasie.

Chloorkopweg is Woensdag deur opstandige inwoners versper.

Kapt. Pinky Tsinyane sê mense is ontevrede met dienslewering. Hulle het glo gekla oor onderbrekings in elektrisiteitsvoorsiening.

александр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae