“Meer as 22 miljoen mense kan dan iets besit wat hulle kan ontwikkel en verkoop.”
De Jager het gepraat by ‘n bespreking aangebied in Johannesburg deur die FW de Klerk Stigting oor die onlangse ANC-beleidskonferensie.
Hy het gesê daar was sowat 22 miljoen mense wat onder stamowerhede in gebiede wat voorheen bekend as die tuislande, woon.
Dit was residensiële grond en grond vir algemene gebruik – grond wat gebruik word vir beeste om daarop te wei byvoorbeeld.
“Dit sal ‘n oefening in welvaartskepping wees.”
De Jager het gesê ‘n debat is tans aan die gang in Afrika-lande soos Malawi en Swaziland oor die vraag of die tradisionele stelsel nodig is.
Malawi het besluit dat hulle tradisionele stelsels sal laat vaar, maar Swaziland het gevoel tradisionele stelsels moet van krag wees.
“In Suid-Afrika is die debat nie werklik ryp nie,” het De Jager gesê.
Hy het gesê die voormalige president, Thabo Mbeki, neig in die rigting van die moderne benadering, maar President Jacob Zuma lyk asof hy die tradisionele opsie verkies.
Baie mense wat tans leef op grond wat besit word deur ‘n stamowerheid het gevoel dat dit nie sin maak om te plant nie, omdat hulle nie die grond besit nie.
Hulle kon ook nie kapitaal van banke bekom om die grond te ontwikkel as gevolg hiervan nie.
“Dit is hoekom die grond in so ‘n swak toestand is,” het De Jager gesê, en bygevoeg dat sommige van dié grond in die land se beste boerderygebiede is.
Die regering kan nie ‘n ontwikkelingsfinansierder wees, want dis die rol van die banke.
De Jager het die regering gewaarsku teen die vorming van die gemeenskaptrusts by die uitvoering van grondrestitusie.
“Dit is moeilik genoeg vir ‘n seun en pa om saam te boer. Nou het jy ‘n hele gemeenskap saam … God behoede dat jy eintlik ‘n wins maak, dan begin die bakleiery,” het hy gesê.
“Hierdie gemeenskapboerdery werk nie – nêrens in die wêreld nie, nêrens in Suid-Afrika nie.”
