Malema is geskiedenis

Julius Malema is afgedank as die president van die ANC-jeugliga en die liga moet daarvolgens handel, het die liggaam in Gauteng Maandag gesê.

“Mnr. Malema is nie meer president nie en ons wil hê die ANCYL moet aanbeweeg,” het Simon Molefe, die provinsiale adjunk-voorsitter, aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

“Die adjunk-president [Ronald Lamola] is die waarnemende president en ons wil hê die NUK [nasionale uitvoerende komitee] moet dit implementeer.”

Ten spyte van die skorsing van Malema deur die ANC vroeër die jaar het die ANCYL se nasionale uitvoerende komitee daarop aangedring dat hy president bly tot sy volgende verkiesingskonferensie in 2014.

Molefe sê Malema hou aan om die beweging en die ANC-leierskap te beledig en dit is onaanvaarbaar.

Die ANCYL in Gauteng het homself ook gedistansieer van ‘n groep wat homself Vriende van die Jeugliga noem.

лобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae