DA steun regime-verandering in Sirië

Suid-Afrika moet wegbeweeg van sy neutrale houding ten opsigte van die konflik in Sirië, het die DA Vrydag gesê.

“Terwyl die dodetal in Sirië steeds styg, het Suid-Afrika se verteenwoordigers in die Veiligheidsraad van die VN ‘n stem in die ondersteuning van deurslaggewende VN-optrede in Sirië weerhou,” sê die Demokratiese Alliansie se woordvoerder oor Internasionale Aangeleenthede, Ian Davidson.

“Weereens, die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIRCO) laat outokratiese regimes met ‘n swak rekord wat betref menseregteskendings toe om Suid-Afrika se buitelandse beleid te bepaal,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Davidson het nie kommentaar gelewer op die monargie in Saoedi-Arabië waar openbare teregstellings steeds met reëlmaat plaasvind nie. Saoedi-Arabië is een van die lande wat saam met die VSA ‘n regime-verandering in Sirië wil sien en die aanslag teen die Siriese president steun.

Saoedi-Arabië is nie ‘n demokrasie nie. Hulle het munisipale verkiesings in 2005 gehou waarin slegs manlike burgers kon stem.

Geen politieke partye of nasionale verkiesings word toegelaat in Saoedi-Arabië nie. Die land het geen parlement nie, slegs ‘n nasionale “Adviesraad” wat deur die koning aangestel word vir ‘n tydperk van vier jaar om te dien in ‘n “adviserende” rol.

Dit is dus nie duidelik wat Davidson bedoel met die DA-verklaring waarin daar verwys word na “outokratiese regimes” nie.

Daar was 11 stemme ten gunste van die besluit in die 15-nasie-raad, maar Suid-Afrika en Pakistan het nie stemme uitgebring nie.

“Die droom van ‘n onderhandelde skikking sal nooit realiseer sonder meer beslissende aanvanklike stappe om die geweld af te skaal nie,” sê Davidson.

Suid-Afrika moet nie gevang word aan die verkeerde kant van die geskiedenis nie, na aanleiding van sy neutraliteit oor VN-aksie in Libië nie, het hy gesê.

Die toestand in Libië het aansienlik versleg na die ingryping van NAVO onder Amerikaanse aanvoering waar die invloei van wapens geweld in land drasties laat toeneem het soos strydende faksies met mekaar meeding.

“DIRCO se draadsittery laat vrae ontstaan ​​oor ons vermoë om moeilike besluite te neem wat sommiges mag aanstoot gee,” sê Davidson.

Internasionale Betrekkinge en Samewerking se adjunk-minister Ebrahim Ebrahim het Vrydag in Pretoria gesê dat Suid-Afrika neutraal gebly het, want die besluit is “ongebalanseerd”.

“… Dit is net teen die Siriese regering,” het Ebrahim aan verslaggewers gesê.

“Dit sê niks oor die opposisie nie, wat nou veg in die hoofstad [Damaskus],” het hy gesê.

Ebrahim het gesê Suid-Afrika het die verlenging van die spertyd vir die VN-sending in Sirië ondersteun, maar het gesê die besluit behoort nie die kwessie van sanksies in te sluit nie.

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae