Die konkelaars het hul pad na die R600 miljoen-‘n-jaar-fonds oopgedwing deur aktief inligting te vervaardig om ‘n valse indruk te skep van dreigende aanvalle teen swart mense en die ANC in die besonder, sê wetstoepassingsbronne.
The Star-Afrika het aan die lig gebring dat spioene in die aanloop tot die ANC se eeufeesvieringe in die Vrystaat in Januarie, een van hulle informante gebruik het om met chaos en geweld teen die regerende party te dreig, tensy plaasaanvalle gestaak word.
‘n Gemaskerde man het op ‘n video verlede jaar saam met Andre Visagie, ‘n voormalige sekretaris-generaal van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) wat weggebreek het om die Geloftevolk Republikeine (GVR) te vorm, die dreigemente gemaak.
Die video is geplaas op YouTube. Bronne het gesê die dreigement was agter die polisie se besluit om permanent ‘n Nyala buite die ANC se Luthulihuishoofkwartier in Johannesburg te parkeer.
‘n Vertroulike dokument uit die pen van een van die ondersoekbeamptes, waarvan ‘n afskrif van in Die Star Afrika se besit is, skets die plundering van die fonds.
Die vyf-bladsy-dokument sit die metodes wat gebruik word uiteen en het die name van die betrokkenes – informante en hul polisie hanteerders – sowel as hul agtergronde.
‘n Senior nasionale polisiebeampte het gesê dat hy “bewus” van die bedrogspul was, en het bygevoeg dat sommige van diegene wat betrokke is sedertdien aangebied het om getuienis in ruil vir immuniteit teen vervolging aan te bied.
The Star-Afrika verstaan dat die geld onder diegene wat die bedrogspul aan die gang gehou het, uitgedeel is.
