Wagte moet dokters by Tygerberg vergesel

Aanvallers het ‘n jong dokter in Tygerberghospitaal aangeval. Eyewitness News berig die student is die afgelope naweek na bewering by die hospitaal aangeval.

Die vrou is glo agtervolg tydens haar saalrondtes voordat hulle haar in ‘n ruskamer vir die personeel, oorval het.

Tygerberg-hospitaal sê hy het nuwe maatreëls ingestel om die veiligheid van studentedokters te verseker.

Laticia Pienaar, woordvoerder vir die hospitaal, sê veranderinge is gemaak om die veiligheid van studente en personeellede te verseker.

Sy sê personeellede kan van nou af deur ‘n wag vergesel word.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae