Swak polisiewerk laat ET-moordenaar skotvry

“Die VF Plus verwelkom die skuldigbevinding van Chris Mahlangu, moordenaar van Eugene Terre’Blanche, die voormalige AWB-leier.

“Dit is egter duidelik dat swak polisiewerk die jeugdige wat ook betrokke was by die saak, bevoordeel het en dit ondermyn regspleging in Suid-Afrika. Die Polisie is nalatig as hulle hulself nie op hoogte bring van nuwe wetgewing soos die Kinderwet, 38 van 2005, wat van toepassing was op die jeugdige nie.

“Die Polisie is die eerste skakel in die strafregstelsel en as daardie ondersoek gebrekkig is kom misdadigers skotvry van hul wandade.

“Hierdeur kom die Polisie nie hul grondwetlike verantwoodelikheid na om my en jou as burgers te beskern nie,” was die reaksie van mnr. Pieter Groenewald, die Vryheidsfront Plus se woordvoerder oor Polisie, op die uitspraak van regter Horn in die Eugene Terre’Blanche-moordsaak vandag.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae