Die Waterrade, net soos Eskom, bevind hulself in ‘n knyptangsituasie. Aan die een kant moet hulle onderskeidelik water en elektrisiteit lewer maar aan die ander kant word hulle rekeninge nie betaal nie.
Sedibeng Water het Dinsdag die water afgesluit vir Matjhabeng-gebruikers en dorpe van Welkom, Riebeeckstad, Virginia, Thabong, Kwutlwanong, Odendaalsrus, Alanridge, Meloding, Hennenman en Ventersburg is geraak.
Beperkte aanbod is weer geopen teen ongeveer 04:00 gistermiddag toe ‘n afvaardiging van SANCO, die Belastingbetalersvereniging, die Sakekamer, en die inwoners en Sake-eienaars byeengekom het by die kantore van die burgemeester en die departement van finansies in Welkom.
Redes vir die watersluiting is bespreek, maar geen bevredigende verduideliking is gegee nie, anders as ‘n blatante misverstand en ‘n 10 jaar oue geskil oor betaling.
Burgers van Matjhabeng oor die hele spektrum is verontrief, skaam en kwaad vir die onbevoegdheid en wanbestuur van Matjhabeng se finansies.
Alle organisasies het saamgestem dat dit nie die einde van die krisisse is nie en dat regstappe sal oorweeg word en verliese in produksie en gevolglike skade sal verhaal word van die oortreders.
Die Matjhabeng-amptenare waaronder die burgemeester en munisipale bestuurder, sal binnekort aan die hele gemeenskap moet rekenskap gee.
