Swart vroue verkrag gestremde seun in Soweto

‘n Meisie en ‘n vrou is Saterdag in Soweto in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ‘n 17-jarige gestremde seun, het die polisie in Gauteng gesê.

Dit kom nadat sewe verdagtes vroeër die week vasgetrek is vir die verkragting van ‘n minderjarige gestremde meisie in Dobsonville, Soweto.

Die gestremde seun se vermeende verkragters is sedert Sondag deur die polisie gesoek, het polisiewoordvoerder Kay Makhubela gesê.

Een van die oortreders, ‘n 17-jarige meisie, is na ‘n plek van veiligheid geneem.

Makhubela het gesê die polisie vermoed dat die seun bedwelm is.

“Die seun het sy ouma van die verkragting vertel en sy het dadelik die polisie gekontak,” het hy gesê.

Makhubela het gesê die voorval is soortgelyk aan drie ander onopgeloste sake waar mans deur vroue bedwelm en verkrag is.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae