… moet jy slim wees, lui die gesegde.
Die regering se dae is getel weens die gevolge van onverantwoordelikheid en wanbestuur. As gevolg van die volgehoue diskriminasie teen blankes deur die regering die afgelope 18 jaar, is die regering ook verantwoordelik vir die onoorbrugbare afgrond tussen wit en swart benewens ander vergrype van korrupsie en volksmoord, asook ongebreidelde misdaad op alle vlakke van die samelewing. Die regering se irrasionele en onverantwoordelike nepotisme het hulle verder verlam tot n groep onbekwames wat hoegenaamd nie in staat is om te regeer nie en die prys van algemene verval van Suid Afrika is waarneembaar vir almal om te sien.
Op hierdie stadium is ons Afrikaners net te min om deur die gewone kanale weer in beheer te kom, so moeilik as wat dit is vir ons is wat deur die verval van ons land Suid-Afrika gepynig word. Die Afrikaner is versprei met individuele bestaansbelange oor die lengte en breedte van Suid Afrika wat dit moeilik maak om te sentraliseer as ‘n gebiedsgebonde volksgroep. Dit beteken nie dat ons nie meer ‘n Afrikanervolk is nie; dit maak dit net moeilik om saam te funksioneer. Dit is die realiteit van ons Afrikanervolk wat dit vir ons bemoeilik om saam te staan as een groep en dit is waar die slimwees-planne moet inskop vir ‘n toekoms vir die Afrikanervolk met realisme in die situasie waarmee ons deur die verraad van FW de Klerk gekonfronteer is.
