Die aanval op mnr Christo van Rensburg (36) van Heilbron is met skok en afgryse begroet.
Van Rensburg was om ongeveer 22:00 in sy bakkie op pad vanaf sy werk op Heilbron na die plaas waar hy woon ongeveer 7 km buite Heilbron. Twee swart mans het hom by die plaashek ingewag en ‘n petrolbom deur die oop bakkievenster gegooi.
Van Rensburg het tweede- en derdegraadse brandwonde opgedoen en is tans in die hospitaal waar hy mediese behandeling ondergaan.
Die twee aanvallers is nog op vrye voet.
