Ek het die eerste keer besef wat die krag van intranasale dwelms kan wees na die lees van ‘n 2005-artikel in Nature, getiteld “Oksitosien verhoog vertroue in die mens.” Die skrywers – verskeie sielkundiges, neuropsigoloeë, en ekonome, het berig oor ‘n studie wat gebaseer is op ‘n speletjie wat twee spelers teen mekaar stel, naamlik ‘n belegger en ‘n trustee.
Die belegger het die opsie om sy geld te skenk aan die trustee. As hy dit doen, word ‘n bedrag toegevoeg. Die trustee kan dan omdraai en die beloning (van die oorspronklike belegging én die skenking) met die belegger deel of net die geld vir homself hou.
Die belegger het dus ‘n dilemma: Sal die trustee die geld deel of nie? Die meeste mense in hierdie situasie is nogal sku om te veel vertroue in die trustee te stel. Maar – en hier is waar oksitosien inkom – die eksperiment was in staat om te wys dat die toediening van oksitosien deur die neus (bekend as intranasale toediening) die vertroue wat ‘n belegger toon beduidend beïnvloed.
Die moontlikheid dat die intranasale roete om ander dwelms of ander chemiese middels die beskermende bloed-brein skans te laat omseil en direkte toegang tot die brein vir skadelike doeleindes toelaat, is dus diep verontrustend.
Die ander kwelling is dat die intranasale weg byna hoegenaamd nie gereguleer word deur enige wetgewing nie. Parfuummaatskappye gebruik al jare allerlei eienaardige toevoegings wat nie beheer word nie om verbruikers om te haal om hulle produkte te gebruik en herhaaldelik ook.
Toenemend word “reuke” in kettingwinkels, hotelle en in openbare ruimtes uitgepomp deur spesiaal ontwerpte toerusting, om klante se “belewenis te verhoog”, sonder dat die deursnee-persoon bewus is daarvan.
Die aanvanklike publikasie het daartoe gelei dat ander eksperimente uitgevoer is om die uitwerking van die dwelm op die belegger se gedrag te toets. Dit het getoon dat effek selfs voortduur nadat die vertroue tussen die twee spelers verskeie kere verbreek is.
Hoewel daar positiewe implikasies van hierdie ontdekkings is – intranasale toediening van oksitosien is dalk net nuttig in die afname van angs – bestaan die moontlikheid dat die intranasale roete ander dwelms of chemiese middels wat die beskermende bloed-brein skans omseil en direkte toegang tot die brein toelaat, vir skadelike doeleindes aangewend sal word.
Selfs meer kommerwekkend is dat dit lank reeds duidelik is dat sodanige bioregulators wat natuurlik in chemikalieë in die liggaam in regulerende funksies soos hartklop, temperatuur, slaap, en gevoel, voorkom, selfs in baie lae konsentrasies in die brein ‘n verskil kan maak.
In 2006 het die Institute of Medicine en die National Research Council se gesamentlike komitee (die sogenaamde Lemon-Relmankomitee) gewaarsku teen die impak van bioregulators op immuun-, neurologiese en endokriene stelsels. Die komitee het ook gewaarsku in hul finale verslag oor die moontlike gebruik aerosoltegnologie, mikroenkapsulasie, nanotegnologie en geenterapie om die impak van sodanige bioregulators op die menslike liggaam te verhoog.
Vooruitgang op die gebied sedert die verslag se publikasie vier jaar gelede het hierdie bekommernisse verhoog.
Hoewel die manier waarop die dwelms vanaf die neus na die brein oorgedra word nog nie heeltemal verstaan word nie, gegewe al die voordelige mediese moontlikhede, behoort roetes onderworpe te wees aan noukeurige ondersoek.
Die mees voor die hand liggende moontlikheid is dat daar ‘n direkte roete na die brein deur die olfaktoriese senuwee is. Daar is talle ander moontlike roetes. Sekere kanale vir ekstrasellulêre vervoer van dwelms kan deur die aksone van die neurone self geskied.
Trouens, daar is duidelik ook maniere waarop die doeltreffendheid van die dwelm-of chemiese agent se lewering deur die intranasale roete optimaal verbeter kan word.
Die deurdringbaarheid van die nasale weefsel kan verhoog word deur die byvoeging van chemikalieë wat bekend staan as deursypelingsversterkers om die oplosbaarheid van verbindings te verhoog. Ten slotte, kan dit moontlik wees om die spoed waarteen dwelms of chemiese agente vervoer word, te verminder deur die byvoeging van chemikalieë wat die bloedvate vernou en dus toelaat dat die dwelmtoevoer vertraag word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.