Buitelanders geslaan by Binnelandse Sake

Die departement van Binnelandse Sake het ‘n voorval veroordeel, waarin buitelanders by sy kantoor in Pretoria glo deur veiligheidswagte met sambokke geslaan is.

Die buitelanders het volgens berigte in ‘n tou gestaan en wag om hul vlugtelingdokumente te hernu, toe die veiligheidswagte hulle te lyf gegaan het. Dit volg nadat ‘n skare ongeduldig begin raak het omdat hulle lank moes wag en vorentoe gebeur het.

Die departement het vir ongeveer drie weke geen dokumente hernu nie, omdat sy papier waarop permitte gedruk word, opgeraak het.

‘n Woordvoerder van die departement, Mkuseli Apleni sê nuwe papier is intussen aangeskaf. Apleni sê verder daar is voorheen ‘n soortgelyke voorval gewees, maar die nodige stappe is gedoen.

топкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae