‘Ek wou ET ontman’

Een van die vermeende aanvallers wat aangekla word vir die moord op Eugene Terre’Blanche, het beplan om die voormalige AWB-leier ná die moord te kastreer, het die rondgaande hof op die dorp gehoor.

“(Chris) Mahlangu sê hy het Terre’Blanche se broek afgetrek en sy genitalieë ontbloot. Sy bedoeling was om Terre’Blanche te ontman, maar hy het daarteen besluit,” het lt.kol. Tsietsi Mano, ondersoekbeampte, Dinsdag in die hof getuig.

Mano het getuig dat Mahlangu gesê het hy en sy medebeskuldigde, ‘n minderjarige, het besluit om Terre’Blanche in April 2010 te vermoor.

Mano het getuienis gelewer oor ‘n verklaring wat Mahlangu op die aand van die moord afgelê het.

Mahlangu en die tiener is in April 2010 daarvan aangekla dat hulle Terre’Blanche in sy plaashuis buite Ventersdorp doodgeslaan het.

Albei het onskuldig gepleit op moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree. Die tiener ontken enige betrokkenheid in die misdaad.

Volgens Mano het Mahlangu gesê hy het by ‘n stoorkamer by die plaas ingeloop, waar hy ‘n ysterpyp geneem het. Daarna het Mahlangu glo saam met die minderjarige deur ‘n venster toegang tot Terre’Blanche se huis gekry.

Terre’Blanche het na bewering op sy rug op die bed gelê toe die beskuldigdes hom genader het.

“Daarna het Mahlangu mnr. Terre’Blanche op die voorkop met ‘n ysterpyp geslaan,” het Mano getuig.

Volgens die ondersoekbeampte is Terre’Blanche toe twee keer in die gesig geslaan.

“Daar was baie bloed… wat deur die beserings veroorsaak is. Hy het Terre’Blanche herhaaldelik op die bors geslaan.”

“Sy kollega het die pyp by hom geneem. Hy het Terre’Blanche in die gesig geslaan… van die houe teen die bors ook,” het Mano gesê.

Ondersteuners van Terre’blanche het Dinsdagoggend buite die rondgaande hof op Ventersburg in die Noordwes byeengekom.

Lede van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) het kamoefleeruniforms aangehad en hul motors met vlae en plakkate bedek.

“Ons wil geregtigheid hê,” het een plakkaat met Terre’Blanche se gesig daarop, gelees.

‘n Klein aantal plaaslike inwoners het ook buite die hof saamgedrom.

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae