Oor die afgelope dekade het Zille by meer as een geleentheid “blatante rassisme” gebruik om die DA-ideologie van wit voorreg te steun, sê hy.
Fransman koppel die “vlugtelinge”-opmerking aan die Naturelle Wet van 1913, lank voor apartheid, en sê dit dui op die onsensitiwiteit wat kenmerkend geword het van die DA onder Zille.
Hierdie wetgewing – soos haar kommentaar – het swartes volgens hom van hul grond vervreem en geïsoleer en gelei tot die Naturelle Administrasiewet van 1927, apartheid in 1948, die daaropvolgende skepping van Bantoestans, die promulgering van wetgewing soos die Aanwysing van Aparte Geriewe, Wet No 49 van 1953, die Groepsgebiedewet Wet van 1955 en die daaropvolgende wetgewing betreffende gedwonge verskuiwings.
Hy verwys voorts na haar kommentaar in die provinsiale wetgewer op 20 Oktober 1999 (Hansard bladsy 597) waar sy verwys na die nutteloosheid van swart vroue-LP’s in die Nasionale Vergadering: “Hulle neem net ruimte daar op, verdien ‘n salaris, eet ‘n groot middagete, pak in ‘padkos’ en ry weg… “
In haar twiet aan Simphiwe Dana oor die onderwerp van rassisme in Kaapstad het Zille gesê: “Jy is ‘n gerespekteerde swart professioneel. Moenie probeer om ‘n professionele swarte te wees nie”. Zille het egter in haar antwoord tydens die begrotingsdebat op die 23ste Maart 2011 gesê: “Ek het nog nooit iemand ‘n professionele swarte genoem nie. Ek het nog nooit – nooit ooit!” Dit is ten spyte van die openbare rekord van haar mening.
Volgens Fransman is Zille se houding in die Wes-Kaap deurtrek van koloniale meerderwaardigheid wat gestalte gevind het in die “blousakkospakkies” wat die DA aan armes uitdeel.
Die DA, toe nog die DP waarvan Zille ook lid was, het in 1994 glo selektief ‘n bruin townships pamflette versprei wat gelui het: “As Mandela oorneem sal jy jou huis, meubels en motor verloor”, sê hy.
