Swart groep wil burgermag stig

Lede van die New Black Panthers Party, ‘n swart militantegroep, betoog gereeld teen ​​”neo-Nazi’s”. Na ‘n naweek van toenemende spanning in Sanford, Florida, oor die dood van swart tiener Trayvon Martin, het die party nou ‘n $10 000 beloning vir die “vang” van Martin se moordenaar uitgeloof.

George Zimmerman, ‘n bruin buurtwagvrywilliger wat die ongewapende seun geskiet het toe dié hom aangeval het, is nog nie aangekla nie en die Panthers soek sy bloed.

Die Panthers dreig om tot 10 000 swart mans op te kommandeer wat bereid is om ‘n burgermag te vorm om Zimmerman te vind en “geregtigheid te laat geskied”. Dié aangekondiging is Sondag deur Mikhail Mohammed, die leier gemaak.

Sedert president Obama se verkiesing is die Panthers blykbaar bo die wet.

Die Departement van Justisie het ‘n ondersoek na die lede van die paramilitêre beweging wat wit kiesers in Philadelphia in 2008 geïntimideer het, laat vaar.

Gevra of hy in aanhitsing van geweld glo, het Mohammed geantwoord: “‘n Oog vir ‘n oog, ‘n tand vir ‘n tand.” Onder die gejuig van volgelinge, wat swart uniforms gedra het, het hy belowe: “As die regering nie die werk wil doen nie, sal ons dit doen.”

Die voorval beklemtoon die toenemend polariserende aard van die omstredenheid rondom Trayvon se dood.

Die 17-jarige wat op 26 Februarie geskiet is, se dood het tot betogings in Los Angeles, Washington, Chicago, New York en verskeie ander Amerikaanse stede oor die naweek gelei.

Zimmerman bly wegkruip. Hy vrees glo vir sy lewe.

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae