OB-besluit om Naspers-DA-transaksie te ondersoek, verwelkom

Die ANC het die besluit deur die Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela, verwelkom op 14 Maart 2012, om amptelik die stad van Kaapstad en Naspers se multimiljoenrandeiendomstransaksie te ondersoek.

Dié twee partye het na bewering die pryse vir die stad Kaapstad se aankoop van die parkeerterrein van Naspers buitensporig aangepas.

Die ANC meen dat openbare fondse omsigtig aangewend moet word om aanspreeklikheid en waarde vir geld te verseker. In hierdie geval, is die ANC van mening dat hierdie transaksie spreek van korrupsie en onreëlmatigheid, sê Jackson Mthembu, nasionale partywoordvoerder.

Hy sê die publiek moet ingelig word oor hoe belastingbetalers se geld deur die Demokratiese Alliansie misbruik en gemors word.

Die ANC het ‘n beroep op die Openbare Beskermer gedoen om te verseker dat die ondersoek deeglik gedoen word om die besonderhede van hierdie eiendomstransaksie te ontrafel.

лобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae