Weer ‘n skoolaanval

‘n Graad 8-leerling het ‘n medeleerling buite die Eric Louw-hoërskool in Musina met ‘n skêr gesteek, het die polisie in Limpopo gesê.

Lt.kol. Ronel Otto sê: “Die ouer seun is in sy ribbes gesteek deur die jonger seun en hy is Donderdag inderhaas na die Louis Trichardt-medikliniek geneem.”

Die 13-jarige verdagte se ouers het hom na die polisiestasie geneem waar beamptes hom sal evalueer ingevolge die nuwe Kinderwet.

“Hy is Donderdag in sy ouers se sorg geplaas.”

Die motief vir die aanval is nie bekend nie en ‘n saak van aanranding is geopen.

лобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae